ADVERTISEMENT:

 

Triegie-rugbyspelers TG Fourie (links) en Divan van Zyl (regs) het hierdie week na Dubai vertrek vir deelname aan die Emirates Dubai Rugby Sewestoernooi. Foto’s verskaf.

Triegie-manne op pad na Dubai Rugby Sewes

 

Twee Triegies sal eersdaags uitdraf vir deelname aan die Emirates Dubai Rugby Sewes-toernooi.

TG Fourie en Divan van Zyl is onderskeidelik gekies vir The Centurion Warrior Sport Academy (TCWSA) se senior- en junior sewesspanne wat vanaf 29 November tot 1 Desember aan die toernooi in Dubai gaan deelneem. Dit is ‘n ongelooflike geleentheid vir die twee om blootstelling te kry, veral om hulself op ‘n gelyke speelveld te meet teen topklas opponente.

Die Dubai Rugby 7’s is een van die top sewestoernooie in die wêreldreeks en het aan menige jong speler ‘n wegspring gegee ten opsigte van ‘n sewes rugbyloopbaan. Met sewesrugby wat nou ook as Olimpiese sport erken word, het dit beide spelers en hul afrigters se profiele merkwaardig aangehelp.

Meer as 340 rugby- en netbalspanne vanoor die hele wêreld sal eerskomende naweek deelneem aan die eerste ronde van die HSBC Wêreld Rugby Sewesreeks en die HSBC Wêreld Rugby Vroue Sewesreeks. Na verwagting sal meer as 100 000 toeskouers oor die naweek toesak op die sewesstadion.

 

Sport - Date: 29 November 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: