ADVERTISEMENT:

 

Koos Alberts (middel) en Craig Viljoen (regs) is die klub se mans dubbelspel kampioene. Links is klubvoorsitter JG van den Berg. Foto verskaf.

Craig maak skoonskip tydens klubkampioenskappe

 

Craig Viljoen het Saterdag skoonskip gemaak in die top-afdelings tydens die Louis Trichardt Tennisklub se jaarlikse klubkampioenskappe. Buiten die mans enkelspeltitel, het hy en sy spanmaat, Koos Alberts, ook die mans dubbelspeltitel verower. Hy en sy suster, Lindsay, het verder ook die gemengde dubbelstitel ingepalm.

In die eindstryd in die enkelskompetisie het Craig te staan gekom teen Koos Alberts. Craig het hier gewen. In die finale kragmeting in die mans dubbels-afdeling het Craig en Koos teen Jimmy Scheepers en Andy Leach gespeel. Dit het in ‘n titaniese stryd ontaard en Craig en Koos moes alles uithaal om uiteindelik te kon wen.

Die jong Emlyn Foord het die dames-afdeling oorheers. Dié Ridgeway College student het Lana Hoffman in die enkels eindstryd geklop. In die dubbels-afdeling het Emlyn en Lana kragte saamgesnoer. Hulle was te sterk vir Lindsay Viljoen en Jo-anne Beukes en het die dubbelspel-titel ingepalm.

In die gemengde dubbels-eindstryd was dit Craig en Lindsay Viljoen wat teen Koos Alberts en Emlyn Foord te staan gekom het. Craig en Lindsay het gewen, om dié trofee huiswaarts te neem.

Die tennisklub se nuwe junior kampioen is Jannes van der Goot. Hy het Christiaan Pretorius in die eindstryd geklop.

In die B-liga was dit Prosper Simbie Jaya wat met die trofee weggestap het. Hy het Cobus van der Goot in hul eindstryd geklop.

Die trofee vir die beste vordering onder senior spelers het gegaan aan Henk Beukes. In die junior-afdeling het Johan Pretorius die trofee ontvang vir die speler wat die beste vordering getoon het.

 

 

Sport - Date: 30 November 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Emlyn Foord (links) en Lana Hoffman was die vroue dubbelspel kampioene. Emlyn was ook die vroue enkelspel kampioen. Foto verskaf. 

Lindsay Viljoen en Craig Viljoen het die gemengde dubbels-titel verower. Foto verskaf.

Die tennisklub se nuwe junior kampioen is Jannes van der Goot (regs). Links is klubvoorsitter JG van den Berg. Foto verskaf.

Prosper Simbie Jaya (links) was die B-liga wenner. Craig Viljoen het sy trofee oorhandig. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: