ADVERTISEMENT:

 

Gerhardus Fourie in aksie tydens die Momentum o.17 krieketweek. Foto: GKT Sport Pics.

Gerhardus is top-bouler by SA o.17-week

 

‘n Plaaslike krieketspeler, Gerhardus Fourie, is Sondagaand aangewys as die bouler wat die meeste paaltjies kon plattrek tydens die Momentum o.17-krieketweek wat by Kearnsey College in Durban aangebied is. Met hierdie vertoning het Gerhardus ook sy aanspraak versterk op ‘n plek in die SA o.19-skolespan.

Sestien spanne, wat ‘n span van Zimbabwe ingesluit het, het aan die toernooi deelgeneem. Die 16-jarige Gerhardus was deel van die Limpopo-span wat vriend en vyand verras het met hul vertonings. Veral in die 50-beurt wedstryde het die span beïndruk deur twee oorwinnings te behaal.

Die toernooi het Woensdag begin en hulle het teen die sterk KZN-span te staan gekom in ‘n daglange wedstryd. Die wedstryd het onbeslis geëindig. Die volgende dag het Limpopo met Noordwes afgereken deur hulle met 10 paaltjies te klop.

In die T20-wedstryde wat Vrydag beslis is, het dit moeiliker gegaan en Limpopo het teen Northerns verloor. Later die dag moes hulle die knie buig teen Zimbabwe.

Saterdag het Limpopo in ‘n 50-beurt wedstryd teen Noordkaap gespeel in ‘n wedstryd wat deur reën onderbreek is. Hulle het volgens die Duckworth-Lewis formule gewen. Hulle het die toernooi Sondag afgesluit met ‘n agt-paaltjie oorwinning oor Mpumalanga in nog ‘n 50-beurt kragmeting. Gerhardus Fourie het in dié wedstryd ses paaltjies geneem en net 12 lopies afgestaan.

Gerhardus het die toernooi afgesluit met 19 paaltjies wat hy in ses wedstryde ingepalm het. Die bouler wat die tweede meeste paaltjies kon inpalm, was Om Thakkar van Northerns. Gerhardus was ook die bouler met die hoogste persentasie sukses om paaltjies te laat kantel, naamlik elke 14,6 balle.

Gerhardus is geen onbekende in plaaslike krieketkringe nie en speel gereeld vir Louis Trichardt se krieketklub. Sy pa, Joubert Fourie, is ook die klub se voorsitter. Hy is tans ‘n leerling by Hoërskool Merensky in Tzaneen.

Sowat ‘n jaar gelede het Gerhardus ook die nuus gehaal toe hy aangewys is as die vinnigste jong bouler in die land. As 15-jarige het hy toe reeds teen ‘n verstommende 135,4 km/h geboul. Die spoed is gemeet tydens ‘n Audi Q5 FastTrack kompetisie.

 

Sport - Date: 21 December 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: