ADVERTISEMENT:

 

Charl Fritz en Marietha le Roux van die Bulldogs Veerpyltjieklub het Saterdag die gemengde dubbelspel gewen in die Vhembe Ope. Links staan Jaco Esterhuizen van die Badgers op Louis Trichardt en regs is Boet Naudé van die Bulldogs op Levubu. Foto verskaf.  

Veerpyle vlieg tydens Vhembe Ope

 

Veerpyltjiespelers van oor die hele Vhembe het op 9 Februarie deelgeneem aan die Vhembe Ope wat by die Levubu Rugbyklub aangebied is.

Die enkelspel is gewen deur Jaco Esterhuizen (senior) van die Badgers in Louis Trichardt, terwyl Sico Erasmus, ook van die Badgers, as naaswenner uit die stryd getree het.

Jaco en sy seun Jaco (junior) het ook die dubbelspel ingepalm, met klubmaats Boet en Johan Naudé van die Badgers in die tweede plek.

In die gemengde dubbelspel het Charl Fritz en Rachel de Jager (van die Bulldogs in Levubu) vir hulle ‘n eerste plek losgegooi, terwyl klubmaats Wimpie Faasen en Marietha le Roux as naaswenners uit die stryd getree het.

Jaco senior het ook die hoogste toemaak van die aand gehad met ‘n 128 en nog ‘n 151, terwyl Wimpie ‘n puik 171 punte ingepalm het met sy dubbels.

Sport - Date: 21 February 2019

Recent Articles

Search for a story:

 

Jaco Esterhuizen senior en junior (links) van die Badgers Veerpyltjieklub in Louis Trichardt het Saterdag, 9 Februarie, die dubbelspel gewen tydens die Vhembe Ope-veerpyltjiekompetisie. Regs staan Boet Naudé van die Badgers Veerpyltjieklub op Levubu wat as gasheer opgetree het vir die kompetisie. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: