ADVERTISEMENT:

 

Daar is heelwat plaaslike steun vir CP en Alan in die Wes-Kaap. CP se "fietsry-juffrou", Renata Joubert, het 'n draai kom maak en haar oud-leerling kom ondersteun. Foto: Ralda van Wyk.

CP en Alan wys hul staal teen wêreld se bestes

 

Oud-Triegie CP van Wyk en sy spanmaat van Tzaneen, Alan Gordon, is goed geplaas om onder die topjaers te eindig in die moordende Cape Epic bergfietswedren. Ná Maandag se eerste skof is hulle algeheel in die 36ste plek, net meer as 42 minute agter die voorlopers, Nino Schurter en Lars Forster van Switserland.

Die Cape Epic word beskou as een van die taaiste bergfietskompetisies in die wêreld. Dit word beslis oor agt dae oor 630 moordende kilometers. Die kompetisie lok ook jaarliks die wêreld se beste bergfietsryers wat in spanne van twee deelneem. Die spanlede moet te alle tye bymekaar bly op die roete.

Die Cape Epic het Sondag afgeskop met ‘n 21 km roete wat begin en geëindig het by die Universiteit van Kaapstad. CP en Alan het ‘n billike vertoning gelewer en algeheel 33ste geëindig. Sondag se skof was egter net ‘n voorloper vir die wedren en ‘n geleentheid vir die jaers om gewoond te raak aan die Kaapse berge. Dit is gewen deur Schurter en Forster.

Maandag se skof is oor 111 km beslis en die ryers moes 2 700 meter klim. Die roete het in Hermanus begin en geëindig. Die eerste Suid-Afrikaanse span terug was dié van Alan Hatherley en Matthew Beers. Hulle het in die agste plek, net meer as10 minute ná die voorlopers, geëindig.

CP en Alan, wat vir Insect Science Pro jaag, was die agste Suid-Afrikaanse span tuis ná afloop van Maandag se skof. Hulle is 34ste in die senior mans-kategorie. Wat hul vertoning besonders maak is die feit dat beide van hulle nie professionele fietsryers is nie. CP werk in Stellenbosch en neem as amateur deel.

Dinsdagoggend spring die spanne weer in Hermanus weg en hulle durf dan ‘n 90 km roete aan wat by Oak Valley Estate in Grabouw eindig. Die jaers klim sowat 2 250 meter gedurende die skof.

Die Cape Epic eindig Sondag, 24 Maart, by die Val de Vie landgoed in die Paarl.

 

Sport - Date: 18 March 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: