ADVERTISEMENT:

 

Die wenners van die afdeling vir gemengde spanne, die Louis Trichardt Tigers. Van links na regs is Stoffel du Toit, Koos Alberts, Jannes van der Goot, Cobus van der Goot, Elize Pretorius en Ika Smit. Foto verskaf.

Northern Knights beklink ses-aan-'n-kant toernooi

 

Die Northern Knights van Polokwane het skoonskip gemaak deur al hul wedstryde te wen tydens die Ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi wat die afgelope naweek ten bate van Levubu Hokkie op Louis Trichardt gehou is.

Die Northern Knights het met gemak deurgedring na die finaal, waar hulle teen die Gripens van Lugmagbasis Makhado te staan gekom het. Die Knights was net te sterk en het redelik gemaklik gewen met 54 lopies. 

Die beste kolwer van die dag was Wayne Weller-Blaber van die Northern Knights en die beste bouler was Don Mashego, ook van die Northern Knights. 

Wat die kompetisie vir gemengde spanne betref, was dit die Louis Trichardt Tigers wat met die louere weggestap het. Die Tigers het al twee hul uitdunwedstryde gewen en in die finaal te staan gekom teen die R&S-span van Levubu. Hier het die Tigers met 18 lopies gewen.

Die dag is aangebied deur die Levubu Dames Hokkie, ten bate van die Limpopo meestersvroue hokkiespan. Dit is die eerste jaar wat Limpopo 'n meesterspan ingeskryf het vir die liga, en die vroue waardeer al die hulp en bydraes. “Ons wil ook al die personeel van die Louis Trichardt Krieketklub bedank vir die gebruik van die veld, hul hulp met die dag, en dan ook al die spelers vir hulle ongelooflike sportmangees!” het die organiseerders gesê.  

Sport - Date: 16 May 2019

Recent Articles

Search for a story:

 

Die wenners in die mansafdeling was die Northern Knights van Polokwane. Van links na regs staan Asad Mridha, Hermish Ntuli, Asim Bha, Chavani Mathebula, Wayne Weller-Blaber (beste kolwer), Elmé Louw (Levubu Dames Hokkie) en Don Mashego (beste bouler). Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: