ADVERTISEMENT:

 

Duncan Moodie, skrumskakel vir Louis Trichardt se tweede rugbyspan, in aksie tydens hul wegwedstryd teen Letaba se tweedes die afgelope naweek. Louis Trichardt het die wedstryd 47 – 24 gewen. Foto: Joe Dreyer/Far North Bulletin.

Louis Trichardt maak skoonskip

 

Die Louis Trichardt Rugbyklub het die afgelope naweek skoonskip gemaak in hulle volgende ronde provinsiale ligawedstryde deur al drie hul wegwedstryde teen die Letaba Rugbyklub te wen.

Louis Trichardt se derdes reken 14 - 10 met hul eweknieë van Letaba af, waarna die tweedes Letaba 47 – 24 kafdraf. Die kersie op die koek vir Louis Trichardt was toe die eerstes 27 -18 geseëvier het oor Letaba.

Vir die plaaslike rugbyliefhebber is daar groot rugby op die spyskaart wanneer Louis Trichardt eerskomende Saterdag, 18 Mei, op hul tuisveld teen Noordelikes van Polokwane te staan kom. Die derde, tweede en eerstes se wedstryde sal onderskeidelik om 15:00, 16:30 en 18:00 afskop.

Let asseblief daarop dat toegang by die Louis Trichardt Rugbyklub voortaan R10 per persoon beloop. Verversings en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. “Ondersteuners is ook welkom om met hul gasbraaiers langs die veld te kom braai,” het die klub se voorsitter, Kevin Gilbert, gesê.

Sport - Date: 17 May 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: