ADVERTISEMENT:

 

Podiumplekke vir Triegie meisies

 

Hoërskool Louis Trichardt het hul rekening geopen in die jaarlikse Spur XCO-skoleliga met die eerste ligabepaling, die Tour de Maroela, wat Saterdag op Lephalale beslis is.

Veral die skool se meisies het beïndruk deur verskeie podiumplekke te behaal.

Christelle Coetzer het die junior meisiesafdeling gewen, met spanmaat Karla “Vossie” van Zyl in die derde plek. Die skool se Jennavieve Truter was vierde in dié kategorie. Wat die junior seuns betref, het twee Triegies Top 10 plekke losgery, met Calvin Lee in die vyfde plek en Rohan Cronjé in die sewende plek.

Ook in die afdeling vir Youth meisies spog Louis Trichardt met nog ‘n podiumplek, met Eliz-Mari Pretorius wat algeheel tweede geëindig het. Top 10 plekke is ook in dié afdeling losgery deur spanmaats Michelle Steyn (sewende) en Danelle Venter (agtste). Nog ‘n Triegie-ryer wat die afgelope naweek daarin kon slaag om ‘n Top 10 posisie los te ry, was Mieke Veldman, wat vierde geëindig het in die sub-junior meisiesafdeling.

Alhoewel nie ‘n leerling van Hoërskool Louis Trichardt nie, het nog ‘n jong plaaslike ryertjie, Andani Raphalalani van Ridgeway College, indruk gemaak. Hy het algeheel tweede in die sub-junior seuns-afdeling geëindig.

Die fietsryers se volgende uitdaging is die Tour de Polokwane wat op 27 Julie beslis sal word. Vir volledige uitslae oor die Tour de Maroela, besoek https://www.webscorer.com/race?raceid=187916.

 

Sport - Date: 18 July 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: