ADVERTISEMENT:

 

Semi-finale in senior rugbyliga beloof titaniese stryd

 

Plaaslike rugbyliefhebbers kan gereed maak vir ‘n rugby skouspel eerskomende Saterdag, 17 Augustus, wanneer die Louis Trichardt Rugbyklub sal optree as gasheer van die semi-finale wedstryde in die Limpopo senior rugbyliga.

“Kom geniet die dag saam met ons,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

Die eerste wedstryd van die dag skop om 14:30 af wanneer Noordelikes 3 en Louis Trichardt 3 (Univen) in die reserweliga teen mekaar te staan kom.

Daarna is dit die tweedespanne se kans met die wedstryd tussen Letaba 2 en Noordelikes 2 wat om 15:40 op die veld sal draf, gevolg deur die wedstryd tussen Louis Trichardt 2 en Potgietersrus 2 om 17:00.

Die eerste semi-finale wedstryd in die eerste liga skop om 18:20 af, met Noordelikes 1 en Potgietersrus 1 wat gaan kragte meet. Louis Trichardt 1 en Letaba 1 se wedstryd sal om 19:50 volg.

Tans beklee Louis Trichardt se eerste- en tweedespan ‘n eerste plek op die provinsiale punteleer. Dit beteken dat, sou hulle hul semi-finale wedstryde wen, dit die eerste keer in jare sal wees wat Louis Trichardt die finaal van die liga sal aanbied. Dit geld ook vir die dorp se derdespan. “Die tuisveldvoordeel op 17 Augustus tel definitief in ons guns,” het Gilbert gesê.

Toegang by die hek die dag is gratis en verversings en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. “Ondersteuners is ook welkom om met hul gasbraaiers langs die veld te kom braai,” het Kevin gesê.

Sport - Date: 16 August 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: