ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se meisiesfietsryspan het weereens gewys dat daar baie talent in hulle skuil deur algeheel vierde te eindig van al die meisiespanne na afloop van die nasionale finaal van die jaarlikse skole Spur XCO-bergfietsliga. Afgeneem saam met hulle is die enigste Triegie seun wat gekies is vir deelname aan die finaal, Calvin Lee. Voor, van links, na regs staan Mieke Veldman, Christelle Coetzer, Vossie van Zyl en Eliz-Mari Pretorius. Agter is Calvin, Jessica Brandt, Jennavieve Truter en Michelle Steyn. Foto verskaf.   

Triegie meisies vierde beste in SA

 

Hoërskool Louis Trichardt se meisiesfietsryspan het vir ‘n tweede keer gewys watter verborge talent daar in hulle skuil deur ‘n nasionale vierde plek te behaal tydens die finaal van die jaarlikse skole Spur XCO-bergfietsliga, net soos hulle gedoen het in 2017.

Die finaal van die Spur XCO-liga is op 27 en 28 September by Hoërskool Wagpos buite Brits beslis, met die interskole- en interprovinsiale liga wat onderskeidelik Vrydag en Saterdag beslis is. Vanjaar se finaal het ‘n rekordgetal inskrywings van 536 fietsryers van 87 skole uit al nege provinsies, asook Zambië en Namibië, gelok. Hoërskool Menlopark se meisiespan was die algehele wenners, met Paul Roos Gimnasium wat die seunspan titel ingepalm het.

Triegies se meisiespan het bestaan uit Christelle Coetzer, Eliz-Mari Pretorius, Jennavieve Truter, Vossie van Zyl, Michelle Steyn, Mieke Veldman en Jessica Brandt. Almal van hulle is gekies vir deelname  aan Vrydag se skoleliga, terwyl Christelle, Eliz-Mari en Jennavieve as provinsiale wenners die Limpopo Provinsie Saterdag amptelik verteenwoordig het tydens die interprovinsiale finaal. Die res van die meisies kon steeds Saterdag ry, maar slegs vir deelname. Triegies het vanjaar net een seun, Calvin Lee, na die finaal gestuur. As ‘n provinsiale wenner, het Lee beide die skool en sy provinsie verteenwoordig.

Die fietsryers het in verskillende ouderdomsgroepe teen mekaar deelgeneem op ‘n doel-geboue Olimpiese-styl sirkelbaan van 4,2 km. Die baan was baie tegnies, met 85m se klim op elke ronde.

Van al die Triegie-ryers het Eliz-Mari die beste presteer. Sy het ‘n algehele vierde plek uit sowat 45 deelnemers in beide die interskole- en interprovinsiale liga in die Youth-meisies (16 jaar) kategorie behaal. Eweneens het Christelle baie goed gery in die afdeling vir Junior-meisies met ‘n sesde plek Vrydag uit 48 deelnemers en ‘n vierde plek die volgende dag uit 47 deelnemers. Jennavieve en Vossie het in dieselfde ouderdomsgroep deelgeneem met ‘n 10de plek Vrydag en ‘n agtste plek Saterdag vir Jennavieve, terwyl Vossie onderskeidelik ‘n 27ste en 22ste plek losgery het.

In die Youth-meisies (15 jaar) afdeling het Michelle vir haarself ‘n 35ste plek Vrydag en ‘n 34ste plek Saterdag uit 43 deelnemer losgetrap. Mieke en Jessica het op hulle beurt aan die sub-junior meisies afdeling deelgeneem, met Jessica wat onderskeidelik 28ste en 26ste oor die twee dae geëindig het. Mieke was onderskeidelik 27ste en 29ste.

Wat Triegies se enigste seun betref, kon die uitstappie na Wagpos nie op ‘n slegter noot begin het nie. Binne die eerste ronde Vrydag het sy agterste derailleur gebreek en hy kon nie die wedren voltooi nie. Gelukkig kon sy fiets ná die tyd herstel word en het hy Saterdag ‘n 42ste plek uit 91 ryers in die afdeling vir Junior-mans behaal.

 

Sport - Date: 04 October 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: