ADVERTISEMENT:

 

Vanjaar se mans en vroue enkelspel-kampioene was onderskeidelik Erik en Ronel Welman met Cobus van der Goot en Louise Lordan as naaswenners. Van links na regs is Cobus, Erik, Ronel en Louise. Foto verskaf.

Muurbalklub wys kampioene aan

 

Die Soutpansberg Muurbalkklub in Louis Trichardt se finale klubkampioenskappe is op 14 November beslis.

In die enkelspel vir mans het Erik Welman en Cobus van der Goot teen mekaar uitgespeel, met Erik wat as manskampioen uit die stryd getree het. In die enkelspel vir vroue was dit Ronel Welman en Louise Lordan wat mekaar die stryd aangesê het, met Ronel wat met die titel van vrouekampioen vir 2019 weggestap het.

Hierdie jaar is daar nie net in die enkelspel meegeding nie, maar ook in dubbelspel om kampioene te bepaal. Die Soutpansberg Muurbalklub se dubbelspel-kampioenskappe is beslis tussen Erik Welman en spanmaat Ronel Welman (wenners van 2019) en naaswenners Heinerich Schoeman en spanmaat Nardus Barnard.

Al die spelers wat die jaar die klub ondersteun het, is hartlik bedank. Die klub se Algemene Jaarvergadering en verkiesing van die 2020-komitee sal in Januarie plaasvind en hopelik teen daardie tyd sal daar al meer duidelikheid wees oor die verskuiwing van die bane. Verlede Donderdag se verrigtinge is afgesluit met 'n gesellige braai.

Sport - Date: 21 November 2019

Recent Articles

Search for a story:

 

Vanjaar se duppel-kampioene was onderskeidelik Erik en Ronel Welman met naaswenners Heinerich Schoeman en spanmaat Nardus Barnard. Van links na regs staan Heinerich, Erik, Ronel en Nardus. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: