ADVERTISEMENT:

 

Fred Frits met die kurper van 3,22 kg wat hulle die naweek in die Nandonidam gevang het. Foto’s verskaf.

Monster kurper by Nandoni gevang

 

Broers Charl en Fred Fritz van Louis Trichardt het Maandagoggend 'n foto ingestuur koerant toe van hul kurpervangs by die Nandonidam die afgelope naweek. Die foto sal beslis heelwat hengelaars jaloers maak.

Die twee het by die Fish Eagle-oord gekamp. “Vrydag was stil en die stokke ook. Saterdagaand, so net na halfelf, hardloop die karp stokkie. Fred hardloop en kap sy stok. Nie lank nie, toe kom die vis uit. Almal het gedink dis ‘n karp met die skep van die vis, maar toe ons die vis uithaal, toe was dit hierdie monster Kurper gewees!" het Charl vertel.

In 40 jaar, het Charl gesê, het hy nog nooit so 'n groot kurper gesien nie. Fred was eweneens stomgeslaan. “As dit nou op Loskopdam was, het ek daardie Bonanza gevat en 'n nuwe rekord opgestel,” het die Fred gesê.

Die broers het op pad terug vanaf die dam by 'n winkelkompleks gestop en die kurper geweeg. Die vis het die skaal tot op 3,22 kg getrek. 

Sport - Date: 23 November 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: