ADVERTISEMENT:

 

Bakkies kom nie net vir die rugby nie

 

Meeste inwoners is seker nou al bewus van bekende oud-Springbok rugbyspeler Bakkies Botha se besoek aan Laerskool Louis Trichardt op 15 Februarie vanjaar.

Ongelukkig weet min mense dat sy besoek nie net ‘n rugbydag is nie, maar ook die skool se eerste groot fondsinsamelingsprojek van die jaar vir alle sportsoorte by die skool. Die projek het ten doel om geld in te samel vir onder meer spreiligte en die aankoop van sporttoerusting.

“Ons het derhalwe almal se positiewe gesindheid nodig rondom die projek om ons sport op alle vlakke te verbeter,” het die organiseerders gesê.

Die prys van ‘n kaartjie sluit in ‘n “bou jou eie hamburger” as ete. Daar gaan ook stalletjies,  springkastele en ander kindervermaak wees en die dag beloof om groot pret te wees. “Dit is ‘n gesinsdag waar pa en ma (en oupa en ouma) rustig kan kuier saam met vriende (eie koelhouers sal toegelaat word), terwyl sussie en boetie hulself besig hou met die kindervermaak,” het die organiseerders gesê.

Rugbyproewe sal die dag gespeel word, asook netbalwedstryde en ‘n wedstryd waar senior en junior afrigters kragte meet vir die pret. “Vure gaan orals knetter en Bakkies gaan ook sy boerewors die dag bemark en ‘n praatjie lewer. Tyd raak min om te verseker dat jy deel is van die dag, so koop so spoedig moontlik jou kaartjie,” het die organiseerders genooi.

Kaartjies vir Bakkies se praatjie kos R120 per volwassene, R80 vir hoërskoolleerlinge en R50 vir laerskoolleerlinge en is beskikbaar by Annari Muller (076 813 4855), Mariska Benade (071 605 6796), Nadine van den Berg  (072 961 6182), Hannelie Bruce (072 740 2334), Johan Pieterse (083 546 4869) of Michelle Venter (079 955 0518).

Skilderye en rugby memorabilia gaan ook die dag opgeveil word, met ongelooflike oulike trekkings.

 

Sport - Date: 09 February 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: