ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Plaaslike trappers sweet tydens Mango Mania

 

Heelparty van Louis Trichardt se bergfietsryers het Saterdag, 8 Februarie, die bergfietsseisoen geopen met hul deelname aan die Mango Mania Bergfietsuitdaging by die Bavaria Fruit Estates buite Hoedspruit.

‘n Paar van Laerskool Louis Trichardt se fietsryklub het deelgeneem aan die 15 kilometer wedren, met Anne Snyman (algeheel 62ste) wat ‘n tweede plek in die meisies Nippers-afdeling behaal het. In dieselfde afdeling was Ruan de Beer (92ste) die 11de Nippers seun, terwyl Peroux de Preez vyfde algeheel en die derde Sprog seun was.

Die 35 kilometer wedren het by verre die meeste inskrywings gelok, met digby 280 deelnemers. Die plaaslike ryer wat die beste gevaar het, was Christelle Coetser wat spog met ‘n algehele 26ste plek en die eerste o.23 Elite vrou. Ander Louis Trichardt deelnemers aan die 35 kilometer was Trevor de Beer (algeheel agtste en vierde junior seun), Wessel Furstenburg (13de en vyfde Youth seun),  Jacques du Preez (24ste en negende Youth seun), Shaun de Beer (27ste en 11de Junior seun), Stanley Thompson (49ste en derde Meester), Eleen Furstenberg (140ste en vyfde Sub Junior meisie), Michelle Steyn (141ste en vierde Youth meisie) en Andra Thompson (144ste en sesde Meester vrou).

Twee Louis Trichardt’ers het kans gesien vir die 70 kilometer wedren. Pierre du Preez het 31ste uit 49 deelnemer geëindig en was die 15de Veteraan man tuis, terwyl Frikkie de Jager algeheel 39ste was en die agste Meester man.

 

Sport - Date: 16 February 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: