ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Rugbyklub vier 100 jaar op Conway Dag

 

‘n Fees van rugby word in die vooruitsig gestel op 14 Maart met die aanbied van die Louis Trichardt Rugbyklub se gewilde Conway Rugbydag. Wat die dag vanjaar baie meer spesiaal maak, is die feit dat dit saamval met die viering van die klub se 100ste bestaansjaar.

As deel van die feesvieringe word al die klub se oud-spelers, ongeag hoe oud, uitgenooi om die dag saam te kom geniet. Vir meer inligting hieroor, skakel Brian du Plooy by tel. 082 821 0075.

Die aksie op die rugbyveld skop om 13:00 af wanneer Letaba se tweedes teen Louis Trichardt se derdes op die veld sal draf. Dié wedstryd sal duur tot 14:20, waarna Musina se tweedes Louis Trichardt se span “oumanne” sal pak.

Om 15:30 is dit Hoedspruit se eerstes wat hulself gaan beproef teen Noordelikes van Polokwane se tweedespan, en om 16:45 gaan Louis Trichardt se tweedes kyk of hulle vir Kruinies kan kafdraf.

Vanaf 18:00 sal Musina se eerstes kragte meet teen die eerstespan van Letaba, met die hoofwedstryd van die dag tussen Louis Trichardt en Noordelikes se eerstespanne wat om 19:15 afskop.

Die klub het weereens inwoners versoek om lekker saam met hulle te kom kuier. ‘n Kontantkroeg en iets te ete sal te koop wees en geen toegang is by die hekke betaalbaar nie.

 

Sport - Date: 06 March 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: