ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Fees van rugby tydens Conway Rugbydag

 

‘n Vol dag van rugby is op die spyskaart vir Saterdag, 14 Maart, met die aanbied van die Louis Trichardt Rugbyklub se gewilde Conway Rugbydag. Wat vanjaar se rugbydag baie meer spesiaal maak, is dat dit saamval met die viering van die klub se 100ste bestaansjaar.

Juis vir dié doel het die klub ‘n uitnodiging gerig aan alle oud klublede en spelers, ongeag hoe oud, om die dag saam te kom geniet. Vir meer inligting hieroor, skakel Brian du Plooy by tel. 082 821 0075.

Die aksie op die rugbyveld skop reeds vroegoggend af met o.7 en o.8 Bulletjierugby (Laerskole Louis Trichardt, Levubu en Messina) vanaf 07:30 tot 08:45. Die groter seuns sal daarna mekaar die stryd aansê, met Hoërskole Louis Trichardt en Eric Louw se o.14’s wat om 09:00 op die veld sal draf. Om 10:00 is dit die beurt van die twee skole se o.15-spanne, waarna die o.16-spanne se wedstryd om 11:00 sal afskop. Die wedstryd tussen Triegies en Louwtjies se eerstespanne beloof ‘n titaniese stryd en skop om 12:00 af.

Om 13:00 pak Letaba se tweedes Louis Trichardt se derdes. Dié wedstryd sal duur tot 14:20, waarna Musina se tweedes Louis Trichardt se span “oumanne” sal pak.

Om 15:30 is dit Hoedspruit se eerstes wat hulself gaan beproef teen Noordelikes van Polokwane se tweedespan, en om 16:45 gaan Louis Trichardt se tweedes kyk of hulle vir Kruinies kan kafdraf.

Vanaf 18:00 sal Musina se eerstes kragte meet teen die eerstespan van Letaba, met die hoofwedstryd van die dag tussen Louis Trichardt en Noordelikes se eerste spanne wat om 19:15 afskop.

Die klub het weereens inwoners versoek om lekker saam met hulle te kom kuier. ‘n Kontantkroeg en iets te ete sal te koop wees. Toegang beloop R20 per voertuig by die hek.

 

Sport - Date: 12 March 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: