ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Gholfspelers geniet die vryheid om weer te speel

 

Die Soutpansberg Gholfklub is een van die gelukkige sportklubs wat weer aktiwiteite kon hervat vanweë die verslapping in Covid-19 grendeltyd regulasies. Deelname aan “kompetisies” sien egter deesdae heel anders daar uit.

Die hou van die klub se maandelikse houespel die afgelope naweek was ‘n voorbeeld van die “nuwe normaal” by die klub. Vir eers is die dae van lekker kuier saam met vriende by Brink se Gat verby, of om blad te skud by die klubhuis na ‘n goeie rondte gholf en daarna ‘n paar drankies in die kroeg te gaan geniet. Lekker saam eet ná afloop van ‘n Saterdagaand-prysuitdeling is ook tans nog buite die kwessie.

“Daar mag geen sosialisering plaasvind nie. Jy skryf in, speel en gaan huis toe. Daar is geen gekuier voor of ná spel nie, ook nie by die klubhuis op die draai van die eerste nege putjies nie. Hier ontvang jy slegs ‘n wegneemete wat vooraf bespreek en betaal moet word,” het klubkaptein Inus Steyn gesê.

Alhoewel tot vier spelers kan saamspeel, het die klub baie protokolle in plek om fisiese kontak tot ‘n minimum te beperk. Maskers moet ten alle tye gedra word tydens spel en sosiale afstand moet ook behou word op die baan. “Spelers of spanne slaan ook nou 12 minute uit mekaar af, sodat daar omtrent altyd ‘n putjie-lengte tussen spelers is,” het Inus gesê. Die oefenbaan waar spelers hulle drywe kan oefen bly ook steeds vir spelers gesluit.

Soos genoem mag spelers nie voor hulle afslaan saam kuier nie. “Jy moet opdaag net voor jou afslaantyd. Dan gaan jy deur die ‘screening’ proses, teken ‘n vrywaringsvorm en slaan dan af. Jy mag nie gaan sit en ‘n drankie drink nie. Die kroeg bly ook steeds toe. Nadat jy gespeel het, stuur jy jou telkaart in en gaan dadelik huis toe. Die prysuitdeling vind aanlyn plaas,” het Inus gesê. Pryswenners kan daarna op afspraak hulle pryse by die kantoor kom afhaal.

Te midde van die reëls en regulasies is spelers bly om weer bietjie “uit te kom”. Saterdag se houespel is gewen deur Chris Gerber met 63 houe. André Bothma was tweede met 68 houe en Johan Breytenbach was ná ‘n uittel derde met 69 houe.

Vir meer inligting oor die klub se bedrywighede en lidmaatskap, skakel Inus by tel. 082 859 3900.

 

 

 

Sport - Date: 09 July 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: