ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Wedvlugseisoen vorder fluks

 

Die Noord Streek se duiwe wedvlugseisoen is goed op dreef, met plaaslike duiweboere wat die afgelope naweek deelgeneem het aan ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Parys.

In die jaaroud wedvlug is dit Ben en Mariaan Pienaar van die Hangklip Posduifklub (Hang) wat met die louere wegstap, nadat hulle wenduif die 475 km afstand voltooi met ‘n wenspoed van 1298.78 meter per minuut. Klubmaat Louis Jordaan was 2de, 7de en 8ste, terwyl Louis Gossman van die Soutpansberg Posduifklub (Spb) 3de was. Julius Pienaar (Hang) was 4de en 13de, 777 Hokkie (Spb) 5de en 6de, Mieke en Mike Coetzee (Hang) 9de, 17de en 18de, Marx Hokke (Spb) 10de en 12de, Gerhard Bezuidenhout (hang) 11de, 14de en 19de, Nico Bezuidenhout (Hang) 12de, RWJ & Mike Coetzee (Hang) 15de en TE Smit (Hang) 16de.

In die opewedvlug is dit Mieke en Mike Coetzee wie se duif ‘n eerste plek inpalm met ‘n wenspoed van 1291.28 meter per minuut. Hulle was ook 15de. Julius Pienaar was 2de, Gerhard Bezuidenhout 3de en 5de, Nico Bezuidenhout 4de en 10de, Marx Hokke 6de, 7de, 11de, 13de en 17de, Louis Gossman 8ste en 9de, Sekelbos Hokke (Hang) 12de, RWJ & Mike Coetzee 14de en 18de, Ben en Mariaan Pienaar 16de en 20ste eb Johnny Gouws (Spb) 19de.

Die afgelope naweek se wedvlug was die laaste kortpad wedvlug van die seisoen, met Mieke en Mike Coetzee wat die reeks gewen het. Eerskomende naweek sal die klubs vanaf Virginia vlieg.

 

Sport - Date: 30 July 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: