ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Gemaklike wen vir TE in jaaroud vanaf Bloemhof

 

Lede van die Hangklip (HPK) en Soutpansberg (SPB) Posduifklub het die afgelope naweek mekaar aangevat in die noord-streek se jaaroud- en opewedvlug vanaf Bloemhof oor ‘n afstand van 680 km. Anders as voorverlede naweek, het die duiwe vinniger hul pad huis toe gevind, danksy ‘n ligte noord-ooste wind.

Die jaaroudwedvlug word gewen deur TE Smit (HPK) nadat sy wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1 103.96 meter per minuut, 14 minute voor sy naaste teenstander. Die ander 20 posisies uit die 132 duiwe wat losgelaat is, gaan aan Mieke & Mike Coetzee (HPK) 2de, 3de en 6de, Louis Jordaan (HPK) 4de, 8ste, 10de, 13de, 14de en 15de, Marx Hokke (SPB) 5de en 17de, RWJ & Mike Coetzee 7de, 12de en 20ste, Gerhard Bezuidenhout (HPK) 9de en 11de, 777 Hokke (SPB) 16de en Louis Gossman (SPB) 18de en 19de.

In die opewedvlug is dit Mieke & Mike Coetzee wat met die louere wegstap, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n wenspoed van 1 165.57 meter per minuut. Hulle is ook 2de, 4de en 6de. Die ander 20 posisies uit die 131 duiwe wat losgelaat is in dié wedvlug, gaan aan Sekelbos Hokke (HPK) 3de, Gerhard Bezuidenhout 5de en 9de, RWJ & Mike Coetzee 7de, 11de, 14de en 15de, Marx Hokke 8ste en 17de, Stoffel du Plessis (Letaba Posduifklub) 10de, Louis Gossman 12de en 16de, Louis Jordaan 13de, Johnny Gouws (SPB) 18de en 19de en Erasmus Hokke (HPK) 20ste.

Eerskomende naweek meet die klubs se duiwe kragte in wedvlugte vanaf Bloemfontein oor ‘n afstand van sowat 770 km.

Wat die puntestand betref op die streek se punteleer, beklee Mieke & Mike Coetzee ‘n eerste plek met 1 355 punte. RWJ & Mike Coetzee is tweede met 1 307 punte, met Gerhard Bezuidenhout in die derde plek met 1 282 punte. Marx Hokkie is vierde met 1 273 punte, met Nico Bezuidenhout vyfde met 1 266 punte, Louis Jordaan sesde met 1 221 punte, TE Smit sewende met 1 214 punte en Julius Pienaar agste met 1 023 punte.

 

Sport - Date: 27 August 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: