ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Haastige duif klok drie-uur die oggend in

 

Duiweboere van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs het die afgelope naweek weer gewedywer, dié keer in twee opewedvlugte vanaf Warrenton.

Die duiwe is Vrydag losgelaat en het met die matige noordewind eers vroeg Saterdagoggend in die misreën by hul huise aangekom. ‘n Duif van Gerhard Bezuidenhout is met ‘n elektroniese klok reeds 03:00 ingeklok.

Die A-wedvlug word gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hpk), nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1091.81 meter per minuut. Hulle is ook 4de, 6de en 9de. Die res van die 20 eerste posisies van die 79 duiwe wat vir die wedvlug losgelaat is, gaan aan Gerhard Bezuidenhout (Hpk) 2de, 3de, 11de, 14de, 15de en 20ste, Marx Hokke (Spb) 5de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 7de, 8ste, 12de en 18de, Ben & Mariaan Pienaar (Hpk) 10de, 13de en 19de, Johnny Gouws (Spb) 16de en Sekelbos Hokke (Hpk) 17de.

Gerhard Bezuidenhout se “vroeg-oggend” duif in die B-wedvlug besorg aan hom ‘n eerste plek, nadat sy wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1112.44 meter per minuut. Hy is ook 2de, 11de, 12de, 14de en 16de. Die res van die 20 eerste posisies van die 81 duiwe wat vir die wedvlug losgelaat is, gaan aan Sekelbos Hokke 3de, RWJ & Mike Coetzee (Hpk) 4de, 9de en 20ste, Mieke & Mike Coetzee 5de en 8ste, Julius Pienaar (Hpk) 6de en 18de, Riaan van der Berg (Letaba) 15de, Marx Hokke 17de en TE Smit (Hpk) 19de.

Eerskomende naweek sal klubs in die noordstreek kragte meet vanaf Virginia oor ‘n afstand van 640 km. Die A-wedvlug sal die laaste jaaroud-wedvlug van die jaar wees, waarna die jaaroud kampioen van 2020 aangewys sal word. Die punteverskil tussen die eerste vyf lede op die punteleer is minimaal, so enige iemand kan nog met die kroon wegstap.

 

Sport - Date: 10 September 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: