ADVERTISEMENT:

 

Johan Badenhorst van Orkney het Saterdag die gesogte Hanglip 54-trofee bokant sy kop gelig. Tweede was Curt de Beer (Utrecht) met Barry Louw (Oppenheimer Park Gholfklub) in die derde plek. Van links na regs staan Barry, Inus Steyn (klubkaptein van die Soutpansberg Gholfklub), Johan en Curt. Foto verskaf.

Besoeker raap weer Hanglip 54-trofee op

 

Die Soutpansberg Gholfklub het vanaf 8 tot 10 Oktober gasheer gespeel vir die 27ste Hanglip 54-gholftoernooi. Dié toernooi vind gewoonlik vroeër in die jaar plaas, maar moes vanjaar uitgestel word vanweë die Covid-19 pandemie.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ‘n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag lewer dus twee wenners op. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Alhoewel Vlak 1 Covid-19 regulasies steeds van krag is, het die gewildheid van die toernooi nogmaals ‘n vol veld van 128 spelers gelok. Die grootste verskil was dat heelwat meer plaaslike spelers vanjaar aan die toernooi deelgeneem het as voorheen. Waar die toernooi voorheen op besoekers gefokus het, was 78 spelers vanjaar uit plaaslike geledere.

Ten spyte van die heelwat meer plaaslike spelers, was dit die besoekers wat egter die podium gedomineer het. Net die eerste dag se spel, met Isuzu/Honda Louis Trichardt as die hoofborg, is gewen deur plaaslike gholfers Hercu Snyman en Chris Gerber van die Soutpansberg Gholfklub met ‘n telling van 46 beterbal Stableford-punte. Attie Booyens (Klerksdorp Gholfklub) en Johan Badenhorst (Orkney Gholfklub) het weggestap met die louere op dag twee (geborg deur Rainbow Midas en Oasis Water) met ‘n telling van 48 beterbal Stableford-punte, terwyl dag drie se spel (met NTT Toyota Louis Trichardt as hoofborg) gewen is deur Curt de Beer (Utrecht Gholfklub) en spanmaat Marinus Gouws (Klerksdorp Gholfklub) met ‘n telling van 49 beterbal Stableford-punte.

Wat die algehele wenner van die toernooi betref, was dit Johan Badenhorst wat die gesogte Hanglip 54-toernooi bokant sy kop gelig het. Hy het die toernooi gewen met ‘n telling van 118 individuele Stableford-punte. Curt de Beer was tweede met 116 punte, met Barry Louw in die derde plek met 112 punte.

Die eerste plaaslike speler wat onder die top 10 eerste plekke geëindig het, was Pieter Guillaume wat ná ‘n uittel vyfde was met 111 punte oor die drie dae. Klubmaats Anton Pretorius en Flippie Greyling was onderskeidelik sewende en agste ná ‘n uittel met 110 punte, terwyl die jong Marthinus Dekker negende was ná ‘n uittel met 109 punte.

Die Soutpansberg Gholfklub se klubkaptein het ná afloop van die toernooi sy dank uitgespreek teenoor hul hoofborge, asook addisionele borge PJ Timbers, Talisman Louis Trichardt en DRS.

 

Sport - Date: 15 October 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: