ADVERTISEMENT:

 

Punteleer na eerste ronde wedstryde.

Vroeë voortou vir koerant in rolballiga

 

Die Zoutpansberger het ‘n vroeë voortou geneem op die punteleer van die Louis Trichardt Rolbalklub se besigheidsliga, maar met twee wedstryde oor kan die liga nog in enige span se guns swaai.

Die liga het verlede Donderdag begin en word oor die volgende drie Donderdae beslis. Die volgende ronde wedstryde sal vanaand (19 November) beslis word.

Die Zoutpansberger het ‘n vroeë voorsprong beklink deur met ‘n punteverskil van 52 met die span van Midas af te reken. Die Wawiel se span lê ná die eerste ronde tweede met ‘n punteverskil van 48, nadat hulle die span van Feminique Boutique uitoorlê het. In die derde plek is dit Raymond’s Glass met ‘n punteverskil van 26 met ‘n oorwinning oor die Rebels-span, terwyl NG Kerk 2 vierde is met ‘n punteverskil van 18 met ‘n wen oor die span van Speed Cash Loans. Die span van ZC Pretorius lê tans vyfde, ook met ‘n punteverskil van 18, nadat hulle die span van NG Kerk 1 in die eerste ronde geklop het, met die span van die Tennisklub in die sesde plek. Hulle het ‘n punteverskil van 6 gehad met ‘n wen oor die Miskruierspan. In die sewende posisie is PJ Timbers met ‘n punteverskil van 4 na ‘n wen oor die Comien Veggies span.

Bogenoemde sewe wenspanne het almal twee punte op die telbord. Die verloorspanne sal beslis hard werk om weer te probeer terugkom in die liga.

 

Sport - Date: 19 November 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: