ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Louis Trichardt maak korte mette met Giyani

 

Louis Trichardt se eerste krieketspan het Sondag behoorlik korte mette gemaak met hul opponente van Giyani in hulle provinsiale Impala Premier ligawedstryd deur die wedstryd gemaklik met 211 lopies te wen.

Louis Trichardt het eerste gekolf en weer tuisveld voordeel geniet. Kolwer Dewald Joubert het goed begin en ‘n redelik haastige 34 lopies van 30 balle gemoker. Dit het ingesluit een vier en drie sesse. Spanmaats AJ Fourie en Nimesh Watekar het hierdie keer bietjie gesukkel met die kolf en kon elk slegs twee lopies tot die telbord bydra. Dinge het egter gou weer beter begin lyk vir Louis Trichard met Shahil Patel en Juan-Michael Phillips se aankoms op die kolfblad. Shahil het 58 lopies in 74 balle aangeteken, terwyl Juan-Michael 48 van 53 balle af geslaan het. Die enigste ander Louis Trichardt spelers wat dubbelsyfers kon aanteken met die kolf was JP van Niekerk (15) en Paulo Piorek met ‘n skaflike 34 van 38 balle af. Giyani kon uiteindelik vir Louis Trichardt uitboul in die 46ste boulbeurt met die telling op 246/10.

Giyani se boulers het gesukkel met die bal in ‘n boulbeurt wat 33 ekstras ingesluit het, waarvan 32 wydlopers was. Die beste van die boulers was Honest Ngobeni gewees, wat drie paaltjies platgetrek het vir die verlies van 41 lopies in sy 10 beurte. Permission Mashele het ook drie paaltjies laat kantel in 8,1 beurte vir die verlies van 56 lopies. Die enigste ander Giyani bouler wat meer as een paaltjie kon inoes was Lloyd Ngwani, wat twee geneem het vir 52 lopies in sy 10 boulbeurte.

Giyani se kolfbeurt was niks ander as ‘n slagting nie. Nie een van Giyani se kolwers kon dubbelsyfers aanteken nie, met die eerste ses paaltjies wat vinnig geval het vir slegs 32 lopies. Die oorblywende vier kolwers is almal uitgeboul sonder dat enige van hulle ‘n lopie kon aanteken en Giyani was almal terug op die pawiljoen vir slegs 35 lopies in 13,4 boulbeurte.

Louis Trichardt se Shahil Patel het ‘n skitterende boulontleding van drie paaltjies vir die verlies van slegs drie lopies in 3,4 beurte gehad. Dewald Joubert het ook drie paaltjies laat kantel vir die verlies van vyf lopies in twee beurte. Die enigste ander Louis Trichardt bouler was meer as een paaltjie kon plattrek, was Jandré Hancke wat twee paaltjies gevat het vir die verlies van 19 lopies in vyf beurte.

Louis Trichardt se volgende wedstryd is op 18 April wanneer hulle teen die Eagles in Polokwane by PHS se veld te staan kom.

 

Sport - Date: 15 April 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: