ADVERTISEMENT:

 

Eliz-Mari Pretorius in aksie tydens die derde ronde van die Suid-Afrikaanse 2021 XCO reeks wat by die Bloemendal Wynlandgoed in die Weskaap beslis is. Foto verskaf.

Nasionale vierde plek vir Eliz-Mari by SA Cup

 

Drie jong bergfietsryers van Louis Trichardt, Eliz-Mari Pretorius, Andani Raphalalani en Kombo Bere, het Saterdag, 17 April, onder die vaandel van Soutpansberg Youth Cycling Development (SYCD) deelgeneem aan die derde ronde van die Suid-Afrikaanse 2021 XCO reeks wat by die Bloemendal Wynlandgoed in die Weskaap beslis is.

Eliz-Mari het weereens skitterend gery en ‘n landswye vierde plek in die afdeling vir junior vroue beklink. Andani het op sy beurt ook goed gery en met ‘n landswye 17de plek in die afdeling vir Youth mans geëindig, terwyl Kombo algeheel 27ste was in ‘n uiters kompeterende Elite-mans afdeling met van die top ryers in die land waarteen hy moes kragte meet.

 

Sport - Date: 24 April 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: