Search for a story:

Duiwe maak litte los tydens eerste wedvlugte van die seisoen

Sport - Date: 04 June 2021

Written by: Andries van Zyl / Viewed: 342

 

Lede van die Hangklip (HPK) en Soutpansberg (SPB) Posduifklub het op 29 Mei deelgeneem aan die noord-streek se eerste wedvlugte van die nuwe seisoen met ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Petroport oor ‘n afstand van 325 km.

In totaal is 192 duiwe ingeskryf vir die jaaroudwedvlug, maar slegs die eerste 20 posisies word vermeld. Die wedvlug is gewen deur TE Smit HPK), nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n haastige spoed van 1622.96 meter per minuut. Hy was ook 12de en 16de. Louis Jordaan was 2de, 5de en 6de, Nico Bezuidenhout (HPK) 3de, 9de en 15de, Ben en Mariaan Pienaar (HPK) 4de en 7de, Sekelbos Hokke HPK) 8ste en 17de, Erasmus Hokke (HPK) 10de en 20ste, Gerhardt Bezuidenhout (HPK) 11de, 777 Hokke (SPB) 13de, Legardt & Dian JNR (HPK) 14de en 19de en Louis Gossmann (SPB) 18de.

Die opewedvlug, waaraan 160 duiwe deelgeneem het, is ook gewen deur TE Smit, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1291.28 meter per minuut. Marx Hokke (SPB) was 2de, Louis Jordaan 3de en 4de, Gerhardt Bezuidenhout 5de en 18de, Louis Gossmann 6de, Ben & Mariaan Pienaar 7de, 8ste en 20ste, Nico Bezuidenhout 9de en 10de, Erasmus Hokke 11de en 12de, Legardt & Dian JNR 13de en 17de, Johnny Gouws (SPB) 16de en 777 Hokke 19de.

Die twee klubs sal eerskomende Saterdag, 5 Junie, deelneem aan ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Grasmere oor ‘n afstand van 415 km.

 

Generic image.

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: andries@zoutnet.co.za

Recent Articles