ADVERTISEMENT:

 

Die algehele wenners van die dag was die Neon Nation-span, bestaande uit Renier Fourie, Francois Bronkhorst, Geoff Goetsch en Jurie Meyer. Foto verskaf.

Kleurvolle skietdag ‘n groot sukses

 

Die streek se pistoolskuts het Saterdag, 5 Junie, ‘n “kleurvolle vertoning” gelewer tydens die Schyffontein Praktiese Pistoolskietklub se Span vs Span skietuitdaging buite Louis Trichardt.

In totaal het 14 spanne van vier skuts elk deelgeneem. Die dag is aangebied is om geld in te samel vir die opgradering en uitbreiding van die skietbaan en vier bane is geskiet, wat ‘n “kill house” ingesluit het.

Die algehele wenners van die dag was die Neon Nation-span bestaande uit Jurie Meyer, Geoff Goetsch, Francois Bronkhorst en Renier Fourie. In die tweede plek was die Hippies, met spanlede Vernon Bezuidenhout, Frik Kroukamp, Hennie Cordier en Bez Bezuidenhout. Alldays A was algeheel derde. Hulle span het bestaan uit Petrus Jansen, Wessel Schoeman, Rassie Erasmus en Nico Lindeque.

Buiten die kompetisie vir die beste span, is ‘n kompetisie vir die besgeklede span met die beste spangees ook gehou. Hierdie titel is opgeraap deur die Fairies, bestaande uit spanlede Corné Smit, Jerry Cloete, Wouter Storm en Stephen van Niekerk. Die Priest and his three Gypsies was tweede, bestaande uit spanlede ds. Jan Pretorius, Magda Pretorius, Karen Bezuidenhout en Amica Theunissen. In die derde plek was die “all-girl” span, die Tawwe TT’s, bestaande uit spanlede Belinda Mellows, Karien Cloete, Jacky van Niekerk en Jolani Klopper.

Een van die dag se organiseerders, Bez Bezuidenhout, het ná afloop van die dag almal bedank wat op welke wyse ook al ‘n bydrae gelewer het tot die dag se sukses, insluitend al die borge, skuts en toeskouers.

 

Sport - Date: 11 June 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: