ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Stryd tussen Drillers en Strikers met laaste bal beslis

 

Krieket is ‘n snaakse sport, met ‘n wedstryd wat in enige stadium in enige span se guns kan swaai. ‘n Voorbeeld hiervan was Saterdag se wedstryd tussen die Drillers en Strikers in hulle 20-beurt ligawedstryd by die Louis Trichardt Krieketklub; die wenners is met die laaste bal van die wedstryd beslis.

Drillers het eerste ingegaan om te kolf, met openingskolwer AC Geldenhuys wat haastig die telbord laat aanstap het met ‘n vinnige 75 lopies vanaf 49 balle, voordat sy paaltjie van die boulwerk van Muhammed Langdi geval het. Geldenhuys se kolfbeurt het ingesluit vyf viere en ses sesse. Sy mede openingskolwer, Dian van Tonder, het 20 lopies aangeteken van 28 balle is, maar M Parkin en Wian Boshoff, in op nommer drie en vier, was die kolwers wat weer momentum aan Drillers se lopietelling gegee het. Parkin het ‘n haastige 41 lopies van 21 balle geslaan, met Wian wat 38 lopies van 23 balle aangeteken het. Die twee eindig nie uit nie met Drillers se telling op 191 lopies vir die verlies van slegs twee plaatjies. Buiten Langdi, wat ‘n boulontleding van een paaltjie vir die verlies van 37 lopies in vier beurte gehad het, was Riaan Gerber die enigste ander Strikers bouler wat ‘n paaltjie kon neem. Hy het met boulsyfers van een paaltjie vir die verlies van 26 lopies in drie beurte geëindig.

Met ‘n telling van 191 lopies op die telbord het Drillers reeds in ‘n groot mate die oorwinning gesmaak. Strikers se nommer een kolwer, Dirk van den Berg, het egter sy span ‘n goeie fondasie gegee met 59 lopies vanaf 39 balle, wat ingesluit het ‘n indrukwekkende 11 viere. Suffiyan Dala, in op nommer twee, is redelik goedkoop uitgeboul vir sleg 10 lopies, met Johan van Rooyen, in op nommer drie, wat toe weer bietjie bestendigheid gebring het met 29 lopies vanaf 26 balle. Die val van JP van Niekerk en Paulo Piorek se paaltjies vir sleg nege lopies ekstra het verder die hoop versterk dat Drillers die wedstryd in hul sak het. Strikers kolwer Riaan Gerber, in op nommer ses, het egter hierdie hoop laat kwyn met ‘n goed-gespeelde 50-tal in slegs 29 balle, wat ingesluit het vyf viere en een ses. Sy mede-kolwer Zeeshan Yelukar het ook goed gehelp met 16 lopies vanaf sy kolf, en met slegs een bal oor in die wedstryd was die telling gelykop gewees tussen die twee spanne.

Vir selfs ‘n paar Strikers spelers was ‘n oorwinning in daardie stadium onwaarskynlik, met stertkant kolwer Muhammed Langdi wat na die kolfkampie toe gestap het. Sy moed het hom egter nie begewe nie en wonderbaarlik het hy die wenlopie aangeteken op die laaste bal van die wedstryd, wat aan Strikers ‘n vier-paaltjie oorwinning besorg het.

Wat Drillers se boulers betref, het AC Geldenhuys, Dian van Tonder, TE Smit, Sean Collett en Francois Jonker elk een paaltjie platgetrek, met almal van hulle wat dubbelsyfers afgestaan het in hulle boulbeurte.   

 

Sport - Date: 07 October 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: