ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

13-lopie oorwinning vir Louis Trichardt teen Aces

 

Die volgende ronde wedstryde in die provinsiale Impala premier krieketliga is die afgelope naweek beslis, met Louis Trichardt se eerstespan wat op hulle tuisveld te staan gekom het teen die Nashua Aces van Polokwane.

Weens die reën en nat veld is Sondag se kragmeting van 50 beurte tot slegs 20 beurte verkort. Louis Trichardt het eerste ingegaan om te kolf en redelik wankelrig begin met die eerste vier paaltjies wat geval het vir slegs 25 lopies op die telbord, waarvan 12 deur kolwer Hasan Dawin aangeteken is. Sahil Patel, in op nommer vyf, en Salman Patel, in op nommer ses, het bietjie bestendigheid gebring deur teen ‘n lopie per bal te kolf, met onderskeidelik bydraes van 31 en 28 lopies. Juan-Michael Phillips op nommer sewe, met ‘n telling van 13, was die enigste ander kolwer om dubbelsyfers te behaal en Louis Trichardt eindig hulle beurt op 121 lopies van 120 balle af met sewe paaltjies plat. Aces het 20 ekstras in hulle boulbeurt afgestaan.

Vir Aces het boulers Zandré Hatting en Justyn Trueman elk twee paaltjies platgetrek, terwyl Jeandre du Plessis, Michael Mashlaba en Machael Nell elk een paaltjie ingeoes het.

Met Aces wat net bietjie beter as ‘n lopie per bal moes kolf, het die span sekerlik ‘n oorwinning gesmaak. Louis Trichardt het egter baie meer gedissiplineerd geboul as hulle opponente en slegs 12 ekstras afgestaan. Vir Aces kon slegs Erik Viljoen, Justyn Trueman en Armand Pansegrouw dubbelsyfers aanteken met bydraes van onderskeidelik 16, 26 en 39. Die span het uit balle geraak met die telling op 106 vir die verlies van ses paaltjies, wat aan Louis Trichardt ‘n 13-lopie oorwinning besorg het.

Vir Louis Trichardt het boulers Sahil Patel en Louis van Jaarsveld uitgestaan met twee paaltjies elk, terwyl AJ Fourie en Vimal Shah elk een paaltjie geneem het.

Louis Trichardt se volgende Premierligawedstryd is op 30 Januarie wanneer hulle weer op hulle tuisveld te staan sal kom teen Giyani.

 

Sport - Date: 20 January 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: