ADVERTISEMENT:

 

Louis Trichardt se groeiende groep sterkmanne (en -vroue!) afgeneem tydens ‘n demonstrasie oor die sportsoort op 19 Maart tydens die markdag by Fruit en Veg. Voor (van links na regs) is Marihan le Roux en Ilene Rivabela-Kruger. Agter hulle sit Stanly Pengson en Zuleika de Klerk. Heel agter is Wihan Pieterse, Leon le Roux, Henry Fletcher en Heine de Jager. Inwoners word uitgenooi om by die sterkman-sport betrokke te raak. Foto verskaf.

Enige iemand kan ‘n sterkman of -vrou word

 

Kragman Leon le Roux van Louis Trichardt en sy span sterkmanne (en -vroue!) was Saterdag, 19 Maart, weer in aksie te siene, die keer in die parkeerarea langs Fruit & Veg, waar hulle ‘n demonstrasie oor die sportsoort gegee het.

Le Roux en sy span het op 6 Maart ook ‘n demonstrasie gelewer tydens die slang-bewusmakingsdag by Plantzone in die dorp. In beide gevalle was dit Le Roux se doel om met die demonstrasies hierdie aktiwiteit as sportsoort te bemark met die oog op Limpopo se eerste amptelik sterkman-kompetisie op 25 Junie vanjaar. Le Roux reël die kampioenskap vir Action Ford op Louis Trichardt wat as gasheer van die kompetisie sal optree. Die sport, en kampioenskap, vind plaas onder die waaksame oog van die Southern African Strongman Federation (SASF).

Le Roux neem namens Paul’s Body Shop op Lugmagbasis Makhado aan die sport deel, maar persone wat belangstel om betrokke te raak by die sport hoef nie noodwendig aan ‘n klub te behoort nie. “Hierdie is ‘n individuele sport en jy kan as individu deelneem,” het Le Roux gesê. Tog maak dit die sportsoort soveel lekkerder as jy in ‘n groep kan oefen.

Wat dit betref het Louis Trichardt se “sterkman” klub nou al gegroei tot sowat 10 lede, waarvan een derde vroue is. Hierdie vroue was ook die afgelope naweek in aksie te sien waar hulle voertuie getrek het en swaar “yster” moes optel.

“Die maklikste om plaaslik by die sportsoort betrokke te raak, is om my te skakel. Jy moet darem redelik swaar goed kan optel of swaar goed sleep. Dan nooi ek hulle na die gym op die basis waar ek hulle vir ‘n sessie vat om te kyk wat kan hulle doen,” het Le Roux gesê.

Deelname aan die sport is net volgens gewigsklas, nie ouderdom nie. Die mans begin op onder 80 kg en daarna die onder 90 kg gewigsklas, gevolg deur die onder 105 kg-klas, waar Le Roux deelneem, en die ope klas. Vir die vroue is ‘n onder-64-kg klas, ‘n onder-74-kg klas en daarna die ope klas beskikbaar.

Wat kostes betref is ‘n jaarlikse affiliasie fooi van R250 betaalbaar aan die SASF indien ‘n persoon internasionaal wil gaan deelneem. “Indien jy dan gekies word om internasionaal te gaan deelneem, kan die SASF help om van jou kostes te dek,” het Le Roux gesê. Deelname aan plaaslike kompetisies (wat inskrywingsgeld, reis en verblyf insluit) is egter vir jou eie sak.

Tans rig niemand plaaslik amptelik die sport af nie. Le Roux probeer egter help waar hy kan. Gelukkig is baie YouTube video’s beskikbaar wat kan help. “Ek sê altyd vir die mense jy hoef nie elke kompetisie te probeer wen nie. As jy net kan beter doen as die vorige kompetisie is dit goed genoeg,” het Le Roux gesê.

Diegene wat meer wil weet of betrokke wil raak by die sport kan vir Le Roux skakel by tel. 079 012 2263. Alternatiewelik kan hulle op 30 April weer ‘n draai maak by Plantzone op Louis Trichardt vir Le Roux-hulle se volgende demonstrasie. Le Roux het sy dank uitgespreek teenoor borg Rainbow Midas in Louis Trichardt wat vir hulle hempies geborg het, asook Action Ford wat hulle fasiliteit beskikbaar stel vir die Limpopo-kompetisie. Ander borgskappe bly egter steeds broodnodig om die geleentheid aan te bied.

 

Sport - Date: 25 March 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: