ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

Twee eerste plekke vir Jordaan vanaf Bloemfontein

 

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle eerste langpad-wedvlugte vanaf Bloemfontein oor ‘n afstand van 762 km. Die twee opewedvlugte is in matige temperatuur gevlieg, met ‘n redelike kopwind huis toe, met Louis Jordaan (Hpk) wat beide wedvlugte gewen het.

In die 10A-wedvlug is 101 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word genoem. Soos genoem het Louis Jordaan die wedvlug gewen, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 112.27 meter per minuut. Hy was ook 10de en 14de. RWJ & Mike Coetzee (Hpk) was 2de, 5de en 16de, TE Smit (Hpk) 3de, 11de en 19de, Marx Hokke (Spb) 4de en 8ste, Pienaar Hokke (Hpk) 6de en 13de, Nico Bezuidenhout (Hpk) 7de, 17de en 18de, Mieke & Mike Coetzee (Hpk) 9de en 12de, Mimosa Hokke (Hpk) 15de en Gerhardt Bezuidenhout 20ste.

In die 10B-wedvlug is 102 duiwe losgelaat. Dié keer was Louis Jordaan se wenduif se spoed 1 116.64 meter per minuut. Hy was ook 7de, 13de, 15de en 19de. Nico Bezuidenhout was 2de, 9de en 20ste, Gerhardt Bezuidenhout 3de, 10de en 14de, Pienaar Hokke 4de, Marx Hokke 5de, Louis Gossmann (Spb) 6de en 16de, RWJ & Mike Coetzee 8ste, Mimosa Hokke 12de en TE Smit 17de en 18de.

Jordaan se twee eerste plekke die afgelope naweek besorg aan hom ‘n eerste plek op die streekkampioen se punteleer met 1 952 punte. Gerhardt Bezuidenhout is tweede met 1 918 punte, met RWJ & Mike Coetzee in die derde plek met 1 847 punte.

Eerskomende naweek sal die klubs in die Noord Streek weer deelneem aan twee langpad-opewedvlugte, dié keer vanaf Warrenton oor ‘n afstand van 770 km.

 

Sport - Date: 05 August 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: