ADVERTISEMENT:

 

Triegie trapper Brendan Bruce het ‘n derde plek in die Youth-afdeling vir seuns behaal tydens die tweede ronde van die provinsiale Spur XCO-skoleliga wat Saterdag by Hoërskool Louis Trichardt aangebied is. Foto: Karla van Zyl.

Triegie-trappers laat die speke sing

 

Ná afloop van die tweede ronde van die Spur XCO-skoleliga, die Tour de Lip wat Saterdag by Hoërskool Louis Trichardt aangebied is, is Hoërskool Louis Trichardt steeds bo aan die punteleer met ‘n telling van 204. In die tweede plek lê Hoërskool Pietersburg met 177 punte en derde is Hoërskool Merensky met 154 punte.

Altesaam 28 van Hoërskool Louis Trichardt se trappers het die dag deelgeneem, met ‘n paar wat podium plekke of Top-10 posisies ingepalm het.

Jenna Adlam het derde geëindig in die Youth-afdelimg vir meisies, terwyl Brendan Bruce ook ‘n derde plek losgetrap het in dieselfde afdeling vir seuns. Mieke Veldman spog ook met ‘n derde plek, maar in die junior afdeling vir meisies.

Andani Raphalalani en Jacques du Preez het onderskeidelik 6de en 7de geëindig in die Junior seunsafdeling, terwyl Geraldine Venter 4de, Nicoline Venter 5de, Chane Ras 6de, Michelle Steyn 7de en Danelle Venter 8ste was in die junior-afdeling vir meisies.

In die afdeling vir sub-junior meisies was Mijanke Venter 5de en haar spanmaat Xhoë Smit 6de. Daniel Lee het ‘n 7de plek losgetrap, terwyl sy spanmaats Matthew Lee en Nduvho Mudugwe beide 9de was in die Youth-afdeling vir seuns.

 

Sport - Date: 11 August 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

Email:

ADVERTISEMENT: