ADVERTISEMENT:

 

Lede van Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan kort voor die begin van die Tour de Lip die afgelope naweek op Louis Trichardt. Die spannetjie het ‘n paar podiumplekke opgelewer tydens hierdie tweede provinsiale ronde van die skole XCO-liga. Foto verskaf.

Jong Triegies werk hard vir plekke tydens Tour de Lip

 

Laerskool Louis Trichardt was goed verteenwoordig tydens die tweede provinsiale ronde van die skole XCO, die Tour de Lip, wat Saterdag, 6 Augustus, by Hoërskool Louis Trichardt aangebied is.

In die sub-Nipper (o.8) afdeling vir seuns spog Christiaan Odendaal met ‘n eerste plek, met Milander Meiring in die 12de plek en Jonathan van Heerden 16de. In dieselfde afdeling vir meisies was Elana Burger derde.

Wat die Nipper-afdeling vir o.10 seuns betref, spog Maurits Meiring met ‘n algehele tweede plek. Spanmaats Adriaan Erasmus en Fanie Vosloo was onderskeidelik 11de en 25ste. In dieselfde afdeling vir meisies was Mia Venter tweede en Lihane Meiring 10de.

Die afdeling vir Sprog seuns (o.12) het weereens die grootste aantal deelnemers van Triegies gelok. Hier eindig Aiden Bruce tweede, met Willie Venter in die 11de plek, Daniel George 20ste, Wian Joubert 23ste, Lourens Oosthuizen 27ste, Robert Strydom 30ste en Lihan van Rooyen 38ste. Aiden se sussie, Cara Bruce, het ook ‘n tweede plek losgetrap in dieselfde afdeling vir meisies, met Elouise Krugel 11de.

In die sub-Junior afdeling vir o.14 seuns spog die jong Triegies met twee podiumplekke. Andre van Ree was algeheel tweede en Nicolas Archer algeheel derde. Peroux du Preez was vierde, Leander Schoerie agtste en Gerhard Furstenburg 13de. In dieselfde afdeling vir meisies was Chrizette Odendaal 5de.

 

Sport - Date: 11 August 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: