ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

Duiwe vaar goed vanaf Warrenton

 

Lede van die Hangklip (Hpk) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek weer mekaar aangedurf in twee ope langpad-wedvlugte vanaf Warrenton, oor ‘n afstand van 762 km. Die weer was darem heelwat beter as die vorige naweek en die duiwe het goed gevaar oor die lang afstand.

In die A-wedvlug is87 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word genoem. Die wedvlug is gewen deur ‘n duif van Mieke & Mike Coetzee (Hpk) met ‘n wenspoed van 1 146.43 meter per minuut. Hulle was ook 12de en 17de. RWJ & Mike Coetzee (Hpk) was 2de en 20ste, Marx Hokke (Spb) 3de, 6de en 7de, Pienaar Hokkie (Hpk) 4de, 8ste, 16de en 18de, Louis Gossmann (Spb) 5de, Louis Jordaan (Hpk) 9de, 10de, 11de en 13de, Gerhardt Bezuidenhout (Hpk) 14de, Mimosa Hokke (Hpk) 15de en Nico Bezuidenhout 19de.

In die B-wedvlug is 86 duiwe losgelaat. Hier het RWJ & Mike Coetzee se wenduif met ‘n spoed van 1 164.14 meter per minuut geseëvier. Hulle was ook 17de. Dié keer was Mike se wenduif die enigste duif wat sy pad huis toe kon vind teen Saterdagaand. Louis Jordaan was 2de, 3de en 6de, Mieke & Mike Coetzee 4de en 7de, Marx Hokke 5de, 12de en 18de, Gerhardt Bezuidenhout 8ste, 16de, 17de en 20ste, Nico Bezuidenhout 9de, 10de, 11de en 15de, Louis Gossman 13de en Mimosa Hokke 14de en 19de.

Tans beklee RWJ & Mike Coetzee die eerste plek op die langpad-punteleer met 391 punte. Louis Jordaan is tweede, ook met 391 punte, en Marx Hokke derde met 387 punte.

Eerskomende naweek vlieg die klubs se duiwe ‘n korter afstand van 640 km vanaf Virginia.

 

Sport - Date: 12 August 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: