BOEREMARKDAG

From: 28 October 2017 at 09:00 AM

Until: 28 October 2017 at 22:00 PM

Location: Hoërskool Eric Louw

Details:

Groot jolyt word in die vooruitsig gestel met die hou van Hoërskool Eric Louw se Boeremarkdag op Saterdag, 28 Oktober, vanaf 09:00 tot 22:00.

Die markdag, ten bate van die skool se fonds vir behoeftiges, beloof ‘n besonderse geleentheid te wees waarvan die gelyke nog nie op Musina gesien is nie.

Dit beloof ‘n dag propvol vermaak te wees wat insluit optredes deur gaskunstenaars Kwaggabees, Sonicka, Joey de Kock, ‘n Mej. Boeremeisiekompetisie, biertuin, perdryritte, ‘n veiling en vele, vele meer. Daar sal ook ‘n Colour Run wees.

Buiten die vermaak is daar reeds ‘n magdom stalletjies wat bevestig is, insluitend kosstalletjies (bunny chows, samoosas,pannekoek, jaffels, stokworsies, kerrie- en-rys, worsbroodjies en nog ‘n magdom ander gewilde snuisterye) en goedere stalletjies (te veel om te noem).

Toegang beloop R50 per persoon en is gratis vir voorskoolse kinders.

Vir meer inligting, skakel die skool of hou die pers dop.

Upcoming events

Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57
Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub
Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 06 Apr  (09:00 AM)
End:  06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO
Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May