NG SPB BOEREBASAAR

From: 09 June 2018 at 08:00 AM

Until: 09 June 2018 at 13:00 PM

Location: Louis Trichardt

Details:

Inwoners van die Soutpansberg kan nou reeds ‘n aantekening maak van die NG Kerk Soutpansberg se jaarlikse Boerebasaar op 9 Junie vanjaar.

Groot feestelikhede word in die vooruitsig gestel, met die basaar wat reeds bekend is vir sy goeie kwaliteit vleis, groente en vrugte teen sakpaspryse.

Die normale basaarlekkernye is ook weer op die spyskaart, soos vark kaiings-en-pap, jaffels, die vroue se gewilde kerrie-en-rys, poedings, gebottel en gebak, pannekoek, stokworse en vele meer. Daar sal ook vermaak wees vir die jongspan.

Soos vorige jare, word persone en organisasies van buite uitgenooi om ‘n stalletjie te bespreek tydens die basaar, mits dit nie met ‘n kerkstalletjie bots nie. Die koste beloop R100 per uitstalruimte.

Vir meer inligting hieroor kan die kerkkantoor geskakel word by tel. 015 516 4366 of ds.Etienne van Staden by tel. 083 274 3227.

Contact Person: Etienne van Staden

Tel: 083 274 3227

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)