KREMETARTFEES

From: 22 June 2018 at 08:00 AM

Until: 23 June 2018 at 23:00 PM

Location: Musina

Details:

Die Hervormde Kerk in Musina hou weer vanjaar hulle jaarlikse Kremetartfees vir die inwoners van die dorp en omgewing en die gemeente nooi almal van heinde en ver uit om saam te kom feesvier.

Dit sal plaasvind op 22 en 23 Junie, op die terrein van Hoërskool Eric Louw. Soos gewoonlik sal die fees iets bied vir oud en jonk en vir elke smaak en voorliefde.

Franja en Ruan-Josh du Plessis sal Vrydagaand, 22 Junie, optree, en Steve Hofmeyr op Saterdagaand, 23 Junie. DJ Jonty sal deurlopend musiek verskaf om die regte atmosfeer te skep.

Die dorp se mooi meisies kan gerus inskryf vir die Mej. Kremetartfees-kompetisie, wat die volgende kategorieë bied: drie tot ses jaar, sewe tot 10 jaar, 11 tot 14 jaar en 15 tot 18 jaar. ‘n Babakompetisie word ook aangebied, en mammas wat hulle spruite wil inskryf kan vir Koekie skakel by tel. 076 649 1461 vir meer besonderhede.

Die manne hoef nie bekommerd te wees dat hulle afgeskeep sal word nie – vir hulle is daar ‘n biertuin waar hulle lekker kan kuier.

Saterdagoggend, 23 Junie, word ‘n kataloguswildveiling aangebied. Verder sal daar ‘n hele rits vlooimarkstalletjies wees wat allerlei aanloklikhede sal verkoop, soos handsakke, skilderye, houtwerk, klere en juwele, parfuum, speelgoed, draadkuns en plante. Dan is daar ook nog voertuiguitstallings, ‘n springkasteel, ‘n selfie-stalletjie en ander speletjies en vermaak vir die jongspan.

Wat innerlike versterkings betref, kan feesgangers uitsien daarna om te smul aan ‘n groot verskeidenheid heerlikhede: wafels op ‘n stokkie, doughnuts, stokworsies, hamburgers, worsbroodjies, spiraalaartappels, pannekoek, samoesas, kerrie-en-rys, pizza cones, chip-en-dip, pitabroodjies, en sosaties, asook ‘n groot verskeidenheid drinkgoed.

Tafels waarby feesgangers saam met vriende kan aansit is beskikbaar op Vrydagaand teen R1 250 vir agt persone en teen R2 500 per tafel van agt op Saterdagaand. Beide vertonings begin om 19:00.

Enige navrae in verband met die fees kan aan Noena gerig word by 082 955 0468.

Contact Person: Noena

Tel: 082 955 046

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)