Oud Recce kom praat oor ervarings

From: 04 October 2018 at 18:00 PM

Until: 04 October 2018 at 23:00 PM

Location: Louis Trichardt

Details:

Inwoners wat verlede jaar Wynand du Toit, oud-weermag­majoor in die spesiale magte, se praatjie by die Moths se Turbi Hills Shellhole misgeloop het, sal op 4 Oktober weer die kans kry om hom te ontmoet.
Du Toit sal op 4 Oktober weer op uitnodiging van die plaaslike Moths ‘n praatjie kom lewer. “Ek gaan ‘n motiveringspraatjie lewer met die tema ‘Veterane vir Veterane’. Dit is egter van toepassing op mans, vrouens en kinders. Almal sal iets kan huis toe neem en natuurlik is my praatjie gebaseer op my eie ondervindings,” het Du Toit aan die Zoutpansberger gesê. Dit sluit in sy ondervindings binne die weermag, asook sy lewe daarna.
Tot op hede het Du Toit al ses boeke die lig laat sien. Al sy boeke sal tydens sy praatjies beskikbaar wees, asook kaartfasiliteite.
Du Toit se praatjie begin 18:00 by die Turbi Hills Shellhole te Burgerstraat 66. Daar is “Craft Beer on Tap” asook braaipakkies te koop. Pap-en-sous sal voorsien word. Geen toegangsfooi sal gevra word nie en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Ná die tyd sal daar lekker saam gebraai word. Vir meer inligting, skakel Alan Odendaal 083 660 2472.

Contact Person: Alan Odendaal

Tel: 083 660 2472

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)