Ultimate Shot-Skietkompetisie

From: 05 October 2019

Until: 05 October 2019

Location: SMG se skietbaan buite Musina.

Details:

Die streek se skuts word uitgenooi na die Ultimate Shot-skietkompetisie op Saterdag, 5 Oktober, op SMG se skietbaan buite Musina.

Die kompetisie word aangebied deur African Outdoorsman, in samewerking met die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Kremetart-tak. Dit behels een kompetisie met vyf dissiplines wat geskiet sal word, naamlik pistool (10 skote), semi-auto (10 skote), kleiduifskiet (10 skote), 200 meter gong skiet en 50 m en 100 m groeperingskiet. Vir die eerste vier dissiplines sal wapens en ammunisie voorsien word.

Vir die groeperingskiet moet eie senterslagwapen en ammunisie voorsien word.
Die eerste prys is ‘n nuwe 308 Remington Winchester, tweede prys ‘n 809 Taurus 9 mm parabellum en derde prys ‘n Nordiske 12-boor. Daar is nog vele meer pryse. Deelname kos R300 per persoon en inskrywing sluit 3 Oktober. Kos en akkommodasie is beskikbaar met die prysuitdeling, wat by Tovey Lodge sal plaasvind.

Inskrywings en reëls is beskikbaar by die BJV Kremetart-tak in Musina. Alternatiewelik, skakel Jaco Lyon by 082 550 4208 (jaco.lyon@absamail.co.za) of Hennies Cordier by 083 866 5733 (hendrik.cordier@lantic.net).

Contact Person: Jaco Lyon

Tel: 082 550 4208

Upcoming events

PRAKTIESE SKIET­DAG
Where: Schyffontein Praktiese Skietklub
Start: 26 Sep  (09:00 AM)
HAANTJIE FEES “WINKEL”
Where: NG Kerk Louis Trichardt
Start: 02 Oct
End:  03 Oct
SPCA FARMERS’ MARKET
Where: SPCA Louis Trichardt
Start: 31 Oct
End:  31 Oct
LAAT LENTE / HERFSAKKER BASAAR
Where: Ons Tuiste Ouetehuis
Start: 07 Nov
End:  07 Nov
TRIEGIES GHOLFDAG
Where: Soutpansberg golfklub
Start: 13 Nov
End:  13 Nov
SOUTPANSBERG DORPSWAG AJV
Where: Louis Trichardt Rugby Club
Start: 13 Nov
End:  13 Nov