Kontreikos by Doppers se pik-en-proe

From: 29 November 2019

Until: 29 November 2019

Location: Gereformeerde Kerk

Details:

Met die tema Tussen treinstasies vir vanjaar se gewilde pik-en-proe-ete van die Gereformeerde Kerk op Louis Trichardt gaan daar vanjaar allerlei heerlike kontreikos op agt bekende “stasies” voorberei word.

Soos gewoonlik sal daar weer aan keurig-voorbereide disse gesmul kan word. Die koste is R120 per volwassene, R60 per hoërskoolkind en R30 vir laerskoolkinders. Voorskoolse kinders kan gratis saam eet.

Die pik-en-proe vind Vrydagaand, 29 November, in die Fransie Vermaaksaal van die Gereformeerde Kerk op Louis Trichardt plaas. Vir besprekings, skakel die kerkkantoor (015 516 4007) of stuur ‘n WhatsApp na 071 910 6908.

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun