DOPPERONTBYT

From: 29 February 2020 at 08:00 AM

Until: 29 February 2020 at 10:00 AM

Location: Hervormde Kerk Louis Trichardt

Details:

Vir die smulpape onder ons wag daar die beste moontlike geleentheid om die jaar op ‘n hoë noot af te skop. Die jaarlikse Dopperontbyt by die Fransie Vermaak Saal op Saterdag, 29 Februarie, beloof om alle verwagtinge te oortref, en dit teen ‘n winskoopprys!

Die spyskaart lyk soos dié van ‘n vyfster hotel wat sy gaste tot in die afgrond wil bederf. Tussen 08:00 en 10:00 kan inwoners kom smul aan muesli, vrugte en jogurt, gevolg deur spek, roer­eier, gebakte worsies, ‘n maalvleisgereg, hoen­derlewers, sousboontjies, verskillende soorte mieliepap met tamatiesmoor (plus ‘n verras­sing!), en ‘n verskeidenheid van brode met konfyt. Vir die droë kele is daar vrugtesap en ‘n skeutjie sjampanje om die lekkertes af te sluk, asook koffie en tee ná die tyd. Hierdie feesmaal is beskikbaar teen slegs R80 vir volwassenes, R50 vir hoërskool- en R30 vir laerskoolleerlinge, met voorskoolse kinders wat gratis kan kom eet. Slegs 200 kaartjies is beskikbaar, so mense sal moet gou spring.

Skakel so gou moontlik vir Nanette by die kerkkantoor (015 516 4007) of by 0843044764 of stuur ‘n Whatsapp na 0719106908. Moet dit nie misloop nie!

Contact Person: Nanette

Tel: 015 516 4007

Upcoming events

Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57
Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub
Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 06 Apr  (09:00 AM)
End:  06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO
Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May