ADVERTISEMENT:

 

Daar is altyd ’n paar wenke wat gevolg kan word om jou tuin ’n hupstoot te gee vir die nuwe groeiseisoen. Die gons woord is grondgesondheid en vogbewaring. Generiese foto.

Somer is vir tuinbou, so kom leer meer saam met Athri Wilson

 

Advertorials  Date: 24 October 2024

 

Deur Athri Wilson

Sondag, 20 Oktober, was Nasionale Tuindag en almal kon hulle tuine vier en geniet.

Of jy ’n groot tuin het of selfs net ’n paar potplante vertroetel, almal weet van die menigte voordele wat tuinmaak jou bied. Nie net ontlaai jy van stres nie, maar gesoute tuiniers glo vas dat tuinmaak jou langer laat lewe. Die bekende aktrise, Audrey Hepburn, het gesê: ”Om tuin te maak is om in môre te glo”.

Daar is altyd ’n paar wenke wat gevolg kan word om jou tuin ’n hupstoot te gee vir die nuwe groeiseisoen. Die gons woord is grondgesondheid en vogbewaring.

Die eerste stap in enige tuin moet altyd die voorbereiding en versorging van jou grond wees. Gesonde grondvoorbereiding sal die tuinmaakproses 10 keer vergemaklik en jou plante sal hulle dankbaarheid vertoon met goeie groei.

In ’n gebied waar ons eintlik waterskaarste beleef, is ons afhanklik van reënwater vir ons tuine. Daarom is dit belangrik om die reënval so goed moontlik in die grond vas te vang en daarna om die vog in die grond te beskerm teen oormatige verdamping.

Indien jy harde grondoppervlaktes in jou tuin het, kan die areas met ’n tuinvurk losgemaak word. Neem voorsorg om nie jou plante uit die grond te spit nie, maar net die grond bietjie losser te maak om lug in die grond te kry. Grasperke wat baie verkeer dra kan ook met ’n tuinvurk belug word.

Die losser grond sal die absorpsie van water verbeter en enige kunsmis of kompos wat toegedien word sal makliker na die wortels van die plante beweeg met watertoediening.

Ná die grond bietjie belug is kan mildelike hoeveelhede kompos en of kraalmis in die beddings ingewerk word. Om die vog in die grond te beskerm, kan areas waar die grond direkte sonlig kry, bedek word met ’n deklaag. Hierdie deklaag kan bestaan uit grasperk snysels en hoef nie ten duurste aangekoop te word nie.

Alle stokkies en dooie takkies moet verwyder word uit die beddings. Die winter onkruid bossies wat al grys is kan op die kompos hoop gegooi word en die laaste snoei voor die nuwe groeiseisoen kan vinnig afgehandel word.

Natuurlik, die lekkerste deel van tuinmaak - die plant van ’n nuwe bedding - kan nou geskied. Saailinge is ’n vinnige en maklike manier om gou ’n kleur in ’n tuin te gee. Die nederige Petunia is natuurlik ’n prinses in sonnige areas.

Hou die nuut geplante beddings vir ten minste twee (2) weke vogtig.

Vir ’n groen grasperk kan ureum of 2.3.2 gebruik word om oor die gras te strooi, gevolg deur ’n goeie natspuit met die tuinslang. ’n Laag kraalmis is eerste prys vir grasperke, maar mag dalk sonde met die bring bure veroorsaak. Vra jou plaaslike kunsmis agente vir ʼn kunsmismengsel wat jy oor jou hele tuin kan gebruik en, indien nodig, bevestig met ’n landboukundige vir gemoedsrus.

Ongelukkig is ons nie almal met groen vingers gebore nie, maar tuinmaak is ’n aangeleerde talent. Of jy ’n meester of beginner tuinier is, kry jou vingers in die grond en plant ’n paar plante. Die belangrikste is - geniet jou tuin!

 

 

Written by


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Embracing the Future with Artisanal Skills

Advertorials: 02 September 2024

As South Africa continues its pursuit of economic growth and industrial sustainability, attention is being drawn to a crucial yet often overlooked segment of the workforce: artisans. Acknowledging this need, the Manufacturing, Engineering and Related Services Sector Education and Training Authority (merSETA) has become a major role player in the Decade of the Artisan (DoA) initiative of the Department of Higher Education and Training (DHET).

 

ADVERTISEMENT: