ADVERTISEMENT:

 

Soutpansberg Kommando uit die pen van Charles Skeen is ‘n unieke toevoeging tot literatuur wat onskatbare waarde aan die Soutpansbergstreek toevoeg deurdat geskiedenis opgeteken is wat andersins waarskynlik verlore sou gegaan het.

Kommando se geskiedenis verewig

 

Soutpansberg Kommando uit die pen van Charles Skeen is ‘n unieke toevoeging tot die literatuur wat onskatbare waarde aan die Soutpansbergstreek toevoeg deurdat geskiedenis opgeteken is wat andersins waarskynlik verlore sou gegaan het.

Generaal Georg Meiring, wat die eerste bevelvoerende generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (van 1994 tot 1998) geword het, was verras om die omvang en deeglikheid van die werk waar te neem. “Die deeglikheid van die agtergrond en ontstaan van die Soutpansbergse Kommando, sy leiers en hulle persoonlikhede, die aksie waarin die Kommando betrokke was en die fyn detail is met presiesheid en ‘n lekkerlees skryfstyl opgedis, wat dit vir my aangenaam gemaak het om die werk te kon lees,” sê Genl. Meiring in sy voorwoord.  Hy beveel die werk aan vir die navorser van geskiedenis, sowel as vir “die gewone ou wat net ‘n bietjie meer wil weet.”

Skrywer Charles Skeen van Makhado (Louis Trichardt) noem sy werk wat in Mei vanjaar verskyn het, 'n "fotoverhaal met verwysings”, daarom kan lesers hulle verlustig in die visuele materiaal wat die grootste persentasie van die werk beslaan.

Soutpansberg Kommando - Eenheidsgeskiedenis vanaf die Groot trek tot die jaar 2012 is die resultaat van ses tot sewe jaar se intensiewe navorsing. Kaptein C.O. Skeen het in Mei 1980 as ‘n adjudant-offisier by die Soutpansberg Kommando aangesluit. Wyle Kommandant Charles Blofield (kommandobevelvoerder vanaf 1975 tot 1985) het Skeen geïnspireer om die geskiedenis van die kommando te begin navors en dokumentasie en foto’s te versamel. Ten tye van Kommandant Pieter Ahrens se bevel (1987 tot 1990) het die kommando se ledetal van 300 tot 1000 lede vermeerder. Skeen en twee kommandolede het ‘n vaandel vir die kommando ontwerp wat in 1988 amptelik oorhandig is. Onder leiding van die eerste staandemag bevelvoerder, lt. kol. Ben Wolff (2001 tot 2005) het hulle verneem dat daar sprake is dat die kommando’s gesluit gaan word. Skeen kon gelukkig al wat ‘n dokument en foto is, reproduseer en bewaar, voordat alle dokumentasie weggeneem is.

Dié roemryke kommando, wat op baie gebiede die voortou in Suid-Afrika geneem het, het die vaandel op 28 Augustus 2005 in die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente neergelê.

Skeen, wat op 29 Oktober 1946 in die destydse Lyttleton gebore is, het in 1963 by die plaaslike hoërskool daar gematrikuleer en onderwys gaan studeer. Hy het skoolgehou tot in 1980, waarna hy met boerdery, besigheid en militêre sake besig was. Sedert 2007 is hy aan P&L Hardeware verbonde waar hy die opleidingsbestuurder is by hulle FET opleidingskollege in Shayandima. Dit is ook gedurende dié tydperk waarin hy in alle erns begin skryf het. “My pa was vir 40 jaar in die lugmag en het ‘n dagboek gehou tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy dagboek het my gemotiveer, sowel as verskeie persone, waaronder Charles Leach,” sê Skeen.

Diegene wat die boek wil bekom of wat voel dat hulle belangrike inligting het om by te dra vir ‘n volgende druk, kan Skeen kontak by 072 533 2236 of [email protected].

News - Date: 20 June 2013

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: