ADVERTISEMENT:

 

Wyle Niek Badenhorst, wat Sondag oorlede is.

‘n Eerbetoon aan Niek Badenhorst

 

News - Date: 04 December 2015

Die volgende eerbetoon aan wyle Niek Badenhorst is ingestuur deur mnr. Charles Leach van Louis Trichardt:

 Nicholaas (Niek) Badenhorst is op 26 Januarie 1941 gebore. Hy het Sondag,  29 November 2015, gesterf.

Niek en Antjie Badenhorst is in 1966 getroud en het hul in die “Bosveld” in die Choma Distrik, Zambia, gevestig waar Niek met tabak, beeste en skape geboer het. Hulle het twee kinders, Lizelle en Brand, gehad.

In 1974 trek hulle Zimbabwe toe – destyds Rhodesia – en vestig hulle op Fort Victoria, vandag Masvingo.

In 1980 verhuis hulle Soutpansberg toe waar Niek saam met Christie en Dianne Nel op die plaas Ledig geboer het. Later het Niek bekend geraak vir sy meganiese werk.

Niek was besonders lief vir die bosveld van Afrika en bekend vir sy jagstaaltjies.

A man like Niek, with such a broad horizon and such interest and concern for his friends, cannot be adequately described by any single person. Niek was so unique to such a wide range of people that a few observations from a handful of his close friends serve better to cover his diversity.

Uit die onderstaande perspektiewe van ‘n paar vriende sal dié van ons wat Niek nie so goed geken het nie, ‘n beter prentjie van hom vorm.

“Niek was vir 27 jaar een van my beste vriende! Hy het my enjins en masjiene in perfekte toestand gehou. Ons was baie na aan mekaar en kon lank saam gesels oor jag en hengel. Bo en behalwe ‘n besonderse man, pa en vriend, verloor die distrik ‘n magdom kennis!”

“Ons het hom ‘Mr Gadget’ genoem! Ek het altyd vir hom gesê hy mag nie voor my te sterwe kom nie want geen ander man sal ooit kan doen wat hy jare lank vir ons gedoen het nie. Die perfekte werk wat Oom Niek op sy draaibank en in sy werkswinkel verrig het, was ongelooflik! Wat hy in die veld kon regkry op ‘n groot ‘Bulldozer’ of ‘n stukkende waterpomp was niks anders as wonderlik nie! Oom Niek was ‘n harde man maar ‘n liefdevolle vriend.

“Niek was baie meer besorg oor ander mense as oor homself. Hy was ‘n sterk man van min woorde. ‘n Perfeksionis in sy werk en ‘n man wat selfs sy eie begrafnis tot in die fynste besonderhede beplan het.”

“Niek was een van my beste vriende. Hy was eksentriek en hardekwas. ‘n Ware vriend waarop jy kon staatmaak. Hy was opreg en sy woord was sy eer. Niek kon skynheiligheid en pretensies nie verdra nie!”

“Oom Niek se nommer is in my foon as ‘Oom Yster.’ Daar was niks wat hy nie uit yster kon maak of regmaak nie!”

“Niek het plaas masjinerie, werktuie, sleepwaens en implemente gebou en in stand gehou.  ‘n Baie waardevolle talent op ‘n plaas.”

“Toe Niek en Antjie in Masvingo gewoon het, het hy selfs die Paaie Departement se masjinerie aan die gang gehou. Hy was mos nooit tevrede met goed wat nuut uit ‘n boks uit gekom het nie. Dit moes eers uitmekaar gehaal word en weer REG aanmekaar gesit word. Hy het selfs sy Land Cruiser bakkie ‘gestrip’ en weer aanmekaar gebou!”

“Our dad had a deep love for animals. He often amused his children and grandchildren by sketching an elephant or kudu from memory on the back of a matchbox. This revealed his unique knowledge of the subject. He loved fishing and had a fondness for breeding dogs in his younger years."

“Vir so baie van ons was Niek ‘n ‘persoonlike’ vriend. Hy het altyd meer vrae gevra as wat hy self gepraat het. Wou altyd meer weet van jou belangstellings as wat hy van homself gepraat het.”

“Niek had a deep love for his heritage. His passion and his knowledge of local, as well as national, history was surprisingly well developed. This was the level that we connected on and on many occasions he was that special encouragement or assistance that I often needed”.

Niek laat vir Antjie, hulle kinders Lizelle en Brand en hulle eggenote, Chris en Annalie, asook kleinkinders Dwayne, Mariska, Mickah en Kaela en agterkleinkinders Zelmia en Saskia-Jade na.

Lizelle, Chris en hulle twee dogters woon in Melbourne, Australië en Brand, Annalie en hulle dogters woon in Arizona, VSA. Dwayne en sy dogter woon tans in Pretoria en Mariska en haar dogter woon in Melbourne.

Die begrafnis vind plaas op Vrydag 4 Desember om 11:00 op die plaas van Gert Wepener. Die plaas is sowat 5 km oos vanaf die vierrigting stop op die N1 en die Sibasa/Kruger Wildtuin kruising. Draai links af by Momentum Staal se bord en volg die padwysers.

 

Written by

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Moyo starts a new life by selling his jujube

News: 31 August 2024

The economic conditions in Zimbabwe forced Tanaka Moyo (40) to legally seek greener pastures in Musina. He opted for a unique business plan, selling the wild jujube fruit to make a living. The fruit, called masau in Shona, is better known as mazwilu in Tshivenda.

Makonde women make jam from wild fruits to help create jobs

News: 31 August 2024 By Victor Mukwevho

As the unemployment rate in South Africa continued to rise, a group of women from Makonde village decided to start a community-based project to create job opportunities for themselves. However, it is very difficult to continue with the project without support from the government or the private sector.

At age 104, war veteran Sadiki only wishes for a toilet inside his house

News: 31 August 2024 By Maanda Bele

At the age of 104, William Masindi Sadiki still has many stories to tell. Some of these are about his experiences during World War II, when he was part of the North Africa campaign. He is one of the few black soldiers from that era still alive, and he proudly pins his war medals on his chest on formal occasions.

Rivoni School for the Blind nearing completion - at last

News: 31 August 2024 By Thembi Siaga

The Rivoni School for the Blind in in Njakanjaka village in the Vhembe District has 167 learners from Grade R to Grade 12. The school was started in 2016 by the Rivoni Society for the Blind, founded in June 1975 at Elim Hospital by late Swiss doctor Erwin Sutter. The society later transferred responsibility for the school to the Department of Education.

 

ADVERTISEMENT: