ADVERTISEMENT:

 

Die Baobab-vulstasie in ligte laaie nadat 'n vragmotor in die kompleks ingeploeg het. Tydens die ongeluk is 'n petrolpomp verwoes, met die petrol wat aan die brand geslaan het. Gelukkig het die vlamme nie na die ondergrondse opgaartenks van die brandstof versprei nie. Foto verskaf.

Vragmotor ploeg deur vulstasie

 

News - Date: 30 August 2024

Wonderbaarlik is niemand ernstig beseer nie in die brand wat ontstaan het nadat ’n vragmotor Vrydagaand binne-in die winkelkompleks by die Baobab-vulstasie op Bokmakierie ingejaag het.

Die eienaar van die vulstasie, mnr. Johan van Eeden, het ná afloop van die dramatiese gebeure vertel wat presies die aand plaasgevind het. Net ná 23:00 het ‘n vragmotor van die Tshipise-pad se kant bo-oor die stopstraat waar die pad met die N1 aansluit, gejaag. Hoekom die bestuurder van die vragmotor nie gestop het nie, is onduidelik.

Die vragmotor, met ’n vol vrag tamaties, het deur die versperrings langs die N1 gejaag, deur die vulstasie se ryvlak tot binne in die Fresh Stop winkel van die kompleks. ’n Petrolpomp is in die proses omgery, met die brandstof in die pomp wat dadelik aan die brand geslaan het. “Gelukkig het die shutter valve dadelik toegemaak soos hy moes en verhoed dat die brand na die ondergrondse opgaartenk kon versprei,” het Van Eeden gesê.

Die nasleep van gebeure nadat 'n vragmotor met 'n vol vrag tamaties net
ná 23:00 Vrydagaand oor die Tshipise-pad se aansluiting met die N1 by Bokmakierie gebars het, binne-in die Baobab-vulstasie se winkelkompleks in. Met die slag het die vragmotor en kompleks aan die brand geslaan. Wonderbaarlik is niemand dood of ernstig beseer in die traumatiese insident nie. Foto verskaf.

Die harde slag waarmee die vragmotor deur die versperrings langs die N1 gejaag het, het gelukkig sekondes se vroeë waarskuwing aan die personeel by die vulstasie gegee om uit die pad te kom. “Die sekuriteitswag het vir my gesê hy het dadelik besef hier kom ’n ding!” het Van Eeden gesê. Die personeel in die winkel het na die agterkant van die winkel gehardloop en kon nadat die winkel in vlamme uitgebars het by die kompleks se agterdeur uitglip.

Die geweld van die impak het die vragmotor se kajuit afgeruk en dié het op die ryvlak beland, met die bestuurder en ’n passasier daarin. Wonderbaarlik het hulle dus ook die vlamme vrygespring, met slegs die vragmotor se enjin- en onderstel-gedeelte wat die winkel ingeploeg het.

Die geweld van die impak het die vragmotor se kajuit afgeruk, en dié het op die ryvlak beland met die bestuurder en 'n passasier daarin. Foto verskaf.

Bestuurders Alwyn Burger en Johan van Eeden (jr.), wat reg agter die kompleks op die perseel inwoon, het hulle te midde van die chaos na die toneel gehaas en dadelik ’n koptelling van die personeel gehou. Een personeellid was vermis en Burger en Van Eeden (jr.) is ingelig dat die personeellid te midde van die vlamme in die yskas gaan skuiling soek het. “Ek moet sê, dit was baie heldhaftig van Alwyn en Johan om die brandende winkel in te hardloop en die personeellid veilig te gaan uithaal,” het Van Eeden gesê en bygevoeg dat hy baie dankbaar is teenoor die twee vir hulle heldedaad.

Volgens Van Eeden was nooddienste vinnig op die toneel om te help, grootliks te danke daaraan dat hulle reeds op roep uit was op ander tonele. “Daar was Vrydagaand drie ongelukke in daardie omgewing. Ons het net ná middernag op die ryvlak gestaan, toe sien ons daar jaag die nooddienste weer verby,” het Van Eeden gesê. Wat dit betref het hy ook sy dank uitgespreek teenoor al die nooddienspersoneel wat so vinnig kom help het vanaf Vhembe, Musina en Makhado.

“Waaroor ons die blyste is, is dat almal oraait en lewendig daar uitgekom het,” het Van Eeden gesê. Hy het ook verwys na die bestuurder van die vragmotor, wat feitlik ongedeerd uit die kajuit geklim het. Sy passasier het egter ’n voetbesering opgedoen. “Dankie aan al ons personeel wat gehelp het en ons wens julle sterkte toe. Die hele ervaring was erg traumaties vir hulle gewees,” het Van Eeden gesê.

Teen Maandagoggend het Van Eeden-hulle gewag vir die assessors en ingenieurs om bestek te kom opneem van die skade. “Die hele kompleks is toegemaak. Dit was nie gebrand het nie, het rookskade gekry en sal ook afgeskryf moet word. Wat die struktuur betref, sal die ingenieurs eers moet kyk,” het Van Eeden gesê. Hy kon derhalwe geen voorlopige skade-beraming gee nie. Wat wel duidelik is, is dat hulle nie vinnig weer sal kan oopmaak nie, veral nie die winkelkompleks nie. “Dit gaan maande vat om die skade te herstel,” het Van Eeden gesê.

Alhoewel die winkelkompleks en petrolpomp-gedeelte vir die afsienbare toekoms gesluit sal wees, het Van Eeden gesê dat hulle steeds hulle dieselkliënte sal kan help. “Ons gaan die truck stop gedeelte oophou,” het hy gesê.  

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Moyo starts a new life by selling his jujube

News: 31 August 2024

The economic conditions in Zimbabwe forced Tanaka Moyo (40) to legally seek greener pastures in Musina. He opted for a unique business plan, selling the wild jujube fruit to make a living. The fruit, called masau in Shona, is better known as mazwilu in Tshivenda.

Makonde women make jam from wild fruits to help create jobs

News: 31 August 2024 By Victor Mukwevho

As the unemployment rate in South Africa continued to rise, a group of women from Makonde village decided to start a community-based project to create job opportunities for themselves. However, it is very difficult to continue with the project without support from the government or the private sector.

At age 104, war veteran Sadiki only wishes for a toilet inside his house

News: 31 August 2024 By Maanda Bele

At the age of 104, William Masindi Sadiki still has many stories to tell. Some of these are about his experiences during World War II, when he was part of the North Africa campaign. He is one of the few black soldiers from that era still alive, and he proudly pins his war medals on his chest on formal occasions.

Rivoni School for the Blind nearing completion - at last

News: 31 August 2024 By Thembi Siaga

The Rivoni School for the Blind in in Njakanjaka village in the Vhembe District has 167 learners from Grade R to Grade 12. The school was started in 2016 by the Rivoni Society for the Blind, founded in June 1975 at Elim Hospital by late Swiss doctor Erwin Sutter. The society later transferred responsibility for the school to the Department of Education.

 

ADVERTISEMENT: