ADVERTISEMENT:

 

Vlieënier Gerhard Minnaar wat in die vliegongeluk gesterf het. Foto verskaf.

Tragiese einde in soektog na vermiste vlieënier

 

News  Date: 17 October 2024

 

Die soektog na vermiste vlieënier Gerhard Minnaar het in hartseer geëindig met die nuus dat die wrakstukke van sy Gyro-tipe mikroligte vliegtuig en sy liggaam net buite Louis Trichardt in die Soutpansberg gevind is.

Die nuus is Donderdagaand bevestig deur die ARCC (Aeronautical Rescue Coordination Centre) in ‘n persverklaring. Die ARCC het gesê dat Minnaar se liggaam en wrakstukke laat Donderdagmiddag gevind is na ‘n uitgebreide soektog deur lede van die ARCC, die polisie se lugvleuel, ‘n privaatvlieënier en soekspanne op die grond.

“Die ARCC betuig sy innige meegevoel aan die vlieënier se familie. Ons wil graag die soek- en reddingspanne van die SAPD, SARZA, 'n plaaslike privaatsekuriteitsmaatskappy en die plaaslike landelike veiligheidsgroep, Soutpansberg, bedank vir hul vinnige ontplooiing en pogings tydens hierdie uitdagende soek- en reddingsoperasie,” sê die ARCC in hulle verklaring.

Volgens die ARCC is die toneel aan die SAPD en die SACAA-afdeling vir Ongeluk- en Voorvalondersoeke oorhandig vir verdere ondersoek.

Minnaar het volgens inligting net na 08:30 Dinsdagoggend vanaf Nelspruit opgestyg met sy mikroligte vliegtuig. Die laaste plek waar hy geplaas kon word, was net buite Louis Trichardt. Familie en vriende het hom probeer kontak, maar sonder enige sukses en ‘n grootskaalse soektog is geloods. Dit kan wees dat Dinsdag se gure en bewolkte weersomstandighede bygedra het tot die tragedie. Minnaar was onderweg na Musina gewees.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Vhutshilo's 'Mukololo' dinnerware embraces unique Vhavenda culture

News: 29 September 2024 By Maanda Bele

Vhutshilo Ramahanedza is making inroads in the business world with her range of dinnerware, which features a distinctive Vhavenda style. Her brand, Mukololo, meaning "princess" in Tshivenda, reflects Vhutshilo’s strong connection to her heritage and her goal of bringing traditional culture into everyday life.

Man digs well to try and secure water for community

News: 28 September 2024

Thonifhani Dzebu (25), from the water-scarce community of Tshifudi Tshikombole village in Limpopo, has taken bold action to secure water for his community by digging a well that is already more than 15 metres deep.

 

ADVERTISEMENT: