ADVERTISEMENT:

 

Weens die onherbergsame omgewing het reddingswerkers gesukkel om die ongelukstoneel te bereik en kon hulle eers Vrydag Minnaar (inlas) se liggaam, wat steeds vasgegordel was in sy vliegtuig, verwyder. Intussen het die vuur wat deur die ongeluk veroorsaak is, versprei en is Working on Fire (WOF) se hulp ingeroep. Sedert verlede Donderdag is duisende liter water oor die gebied gestort is. Dit het ingesluit ‘n helikopter, wat met behulp van ‘n “Bambi Bucket” die vuur bestry het, onder meer ook Saterdag. Teen Woensdag het die area steeds gesmeul.

Baie vrae oor tragiese dood van Musina-vlieënier

 

News  Date: 25 October 2024

 

Baie vrae bly steeds onbeantwoord rondom die tragiese dood van die 51-jarige Gerhard Minnaar van Musina, wat verlede Dinsdagoggend, 15 Oktober, te midde van digte misweer met sy girokopter mikroligte vliegtuig teen die hange van die Soutpansberg vasgevlieg het.

Minnaar, ’n wildboer, het die oggend vanaf Nelspruit opgestyg op pad na die familieplaas Sheldrake Safari’s in die Musina-omgewing. Hy sou egter nooit by sy bestemming aankom nie, en sy familie het hom as vermis aangemeld, onder meer by die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid.

’n Grootskaalse soektog na Minnaar is van stapel gestuur vanuit beide die lug en deur grondspanne. Soutpansberg Landelike Veiligheid se hulp is ook ingeroep, en ’n span het saam met speurders van die Makhado-polisie Woensdagmiddag na die plek gegaan waar Minnaar se selfoon laas “gepieng” kon word. Die soektog het egter geen resultate opgelewer nie weens digte bosse. Boere in die Piesanghoek-omgewing het ook gerapporteer dat hulle Minnaar laag oor hul plase sien vlieg het, blykbaar in ’n poging om ’n roete oor die berg te vind.

Die soektog het laat Donderdagaand, 17 Oktober, tragies geëindig met die nuus dat die wrakstukke van sy girokopter net noord van Louis Trichardt op die hange van die Soutpansberg gevind is. Hierdie nuus is bevestig deur die Aeronautical Rescue Coordination Centre (ARCC) in ’n persverklaring.

Die ARCC het bevestig dat Minnaar se liggaam en die wrakstukke gevind is ná ’n uitgebreide soektog deur lede van die ARCC, die polisie se lugvleuel, privaat vlieëniers en grondspanne.

“Die ARCC betuig sy innige meegevoel aan die vlieënier se familie. Ons wil graag die soek- en reddingspanne van die SAPD, SARZA, ’n plaaslike privaatsekuriteitsmaatskappy en die plaaslike landelike veiligheidsgroep, Soutpansberg, bedank vir hul vinnige optrede en pogings tydens hierdie uitdagende operasie,” het Gregory Critchley, operasionele hoof van die ARCC, gesê. Volgens hom het Minnaar noodlottige beserings opgedoen toe hy neergestort het.

Minnaar se liggaam en sy vliegtuig se wrakstukke sou nie so vinnig gevind gewees het nie, was dit nie vir die rook wat Donderdagoggend opgemerk is net onderkant die Vodacom-toring noord van Louis Trichardt op die Soutpansberg nie. Voor dit het alle leidrade niks opgelewer nie. In sy poging om in die bewolkte weer oor die berg te kom, het die vliegtuig blykbaar ’n boom getref, neergestort en aan die brand geslaan sowat 150 meter suid van die Vodacom-toring. Weens die onherbergsame terrein het reddingswerkers gesukkel om die ongelukstoneel te bereik en kon hulle eers Vrydag Minnaar se liggaam, wat steeds vasgegordel was in die wrak, verwyder.

Intussen het die vuur wat deur die ongeluk ontstaan het, versprei, en die hulp van Working on Fire (WOF) is ingeroep. Teen Woensdag het die gebied steeds gesmeul, ondanks die feit dat duisende liter water sedert verlede Donderdag daaroor gestort is. Dit het ook ’n helikopter ingesluit, wat met behulp van ’n "Bambi Bucket" water oor die vuur gestort het, onder meer ook op Saterdag.

In sy verklaring het Critchley gesê dat die toneel aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Burgerlugvaartowerheid oorhandig is vir ondersoek na die voorval. Navrae oor die ondersoek is aan die Burgerlugvaartowerheid gerig. Die owerheid se woordvoerder, mnr. Sisa Majola, het Woensdagmiddag gesê dat hulle kan bevestig dat die ongeluk ondersoek word en dat ’n voorlopige verslag binne 30 dae ná die ongeluk beskikbaar gestel sou word.

Teen druktyd was daar nog geen begrafnisreëlings vir Minnaar beskikbaar nie.

 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.


Search for a story:

 

ADVERTISEMENT

 

Recent Articles

Vhutshilo's 'Mukololo' dinnerware embraces unique Vhavenda culture

News: 29 September 2024 By Maanda Bele

Vhutshilo Ramahanedza is making inroads in the business world with her range of dinnerware, which features a distinctive Vhavenda style. Her brand, Mukololo, meaning "princess" in Tshivenda, reflects Vhutshilo’s strong connection to her heritage and her goal of bringing traditional culture into everyday life.

Man digs well to try and secure water for community

News: 28 September 2024

Thonifhani Dzebu (25), from the water-scarce community of Tshifudi Tshikombole village in Limpopo, has taken bold action to secure water for his community by digging a well that is already more than 15 metres deep.

 

ADVERTISEMENT: