Boerebemarkingsdag

From: 30 August 2024

Until: 31 August 2024

Location: Vivo

Details:

Die Vivo Boerebemarkingsdag vind vanjaar op 30 en 31 Augustus plaas en gaan vir seker beter en groter as tevore wees. Boere, besigheidsmense en gesinne kan uitsien na ‘n skitterende program met iets vir almal. 
Die hooffokus van die ekspo is om boere en besighede by mekaar uit te bring. Verlede jaar het sowat 5 000 mense die ekspo besoek om die meer as 150 besighede te ondersteun.
Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die dorpie Vivo en ‘n ware gemeenskapsfees. Nie net is dit die hoofbron van inkomste vir die plaaslike CVO skool nie, maar die gemeenskap sorg ook vir al die verversings en wegneemetes.  
Terwyl besoekers smul aan al die lekkernye, kan hulle in die aande na sommige van Suid-Afrika se beste kunstenaars luister. Gedurende die dag is ‘n wye reeks aktiwiteite vir oud en jonk beskikbaar, soos die MammaMall se snuffelmark en plaas-proe-produkte. 
Vrydagaand tree Arno Jordaan en Jay tydens die grootste langarm-aand van die jaar op - kom dans dat die stof staan! Saterdagaand sal Adam Tas en Demi-Lee Moore sorg vir vermaak uit die boonste rakke.
Vir meer inligting, kontak ons op epos [email protected] of WhatsApp 083 713 0204.

 

Contact Person: Whatsapp

Tel: 083 713 020

Upcoming events

Haantjiefees
Where: NG Kerk Louis Trichardt
Start: 27 Jul
End:  27 Jul
SPCA Farmer’s Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 27 Jul  (09:00 AM)
End:  27 Jul  (14:00 PM)
Meneer en Mejuffrou Triegie
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 15 Aug  (18:00 PM)
Esther Ella Women’s Event at Agapé
Where: Agapé Christian Centre
Start: 24 Aug
NG Soutpansberg Kontrei-ete
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 30 Aug
Boerebemarkingsdag
Where: Vivo
Start: 30 Aug
End:  31 Aug
Wheel Expo
Where: Mall of the North, Polokwane
Start: 30 Aug
End:  01 Sep