Vivo Boerebemarkingsdag

From: 30 August 2024

Until: 31 August 2024

Location: Vivo

Details:

Die Vivo Boerebemarkingsdag vind vanjaar op 30 en 31 Augustus plaas en gaan vir seker beter en groter as tevore wees. Boere, besigheidsmense en gesinne kan uitsien na ‘n skitterende program met iets vir almal. 
Die hooffokus van die ekspo is om boere en besighede by mekaar uit te bring. Verlede jaar het sowat 5 000 mense die ekspo besoek om die meer as 150 besighede te ondersteun.
Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die dorpie Vivo en ‘n ware gemeenskapsfees. Nie net is dit die hoofbron van inkomste vir die plaaslike CVO skool nie, maar die gemeenskap sorg ook vir al die verversings en wegneemetes.  
Terwyl besoekers smul aan al die lekkernye, kan hulle in die aande na sommige van Suid-Afrika se beste kunstenaars luister. Gedurende die dag is ‘n wye reeks aktiwiteite vir oud en jonk beskikbaar, soos die MammaMall se snuffelmark en plaas-proe-produkte. Vrydagaand tree Arno Jordaan en Jay tydens die grootste langarm-aand van die jaar op - kom dans dat die stof staan! Saterdagaand sal Adam Tas en Demi-Lee Moore sorg vir vermaak uit die boonste rakke.
Vir meer inligting, kontak ons op epos [email protected] of WhatsApp 083 713 0204.

Contact Person: Whatsapp

Tel: 083 713 0204

Upcoming events

Past. Dippenaar bedien by AGS
Where: AGS Louis Trichardt
Start: 08 Sep  (09:00 AM)
Zoutpansberg Rugby Clinic
Where: Louis Trichardt Rugby Club
Start: 13 Sep
End:  14 Sep
Day to celebrate children beating cancer
Where: Madi A Thavha Mountain Lodge
Start: 20 Sep  (09:30 AM)
CMR Gholfdag
Where: Soutpansberg Gholfklub
Start: 21 Sep  (09:00 AM)
Braaidag by Lalapanzi
Where: Lalapanzi Hotel
Start: 24 Sep
AP Kerk Dankfees
Start: 28 Sep
Hengelkompetisie
Where: Schrodadam
Start: 28 Sep  (05:00 AM)