ADVERTISEMENT:

 

Somerkonsert borrel oor van talent

- Date: 15 March 2017

Written by: Isabel Venter / Viewed: 30436

Search for a story:

Ballerinas, trekkers, hoenders, maltrap susters en ‘n deurmekaar nuwe pa was maar net van die talent wat te sien was by Laerskool Louis Trichardt se Somerkonsert.

Die skool het oudergewoonte hul kultuurbedrywighede vir die jaar afgeskop met die hou van hierdie jaarlikse konsert op Woensdag, 1 Maart.

Die doel van die konsert is om leerlinge die kans te gee om hul talent in drama, sang, musiek en dans ten toon te stel, en aan talent was daar ‘n oorvloed gewees. Tydens die konsert het dit ook sommer vinnig duidelik geword hoekom Triegies se leerlinge elke jaar, sonder uitsondering, so besonders goed presteer by die Eisteddfods. Buiten vir hul talente was daar nie ‘n tekort aan selfvertroue gewees onder enige een van die Triegies nie. “Ja-nee, dis nou maar wors. Vanjaar gaan die kompetisie by die Eisteddfods taai wees vir die ander skole se deelnemers!” het van die konsertgangers opgemerk.


Kyk na ons ander galerye:    

 

ADVERTISEMENT