ADVERTISEMENT:

 

Wyle Leon Weideman (43).

Leon Weideman skielik oorlede

 

Inwoners van die Soutpansberg treur hierdie week weer met die nuus van die skielike dood van Leon Weideman. Hy is verlede Woensdag, 7 Junie, skielik vanweë asemhalingsprobleme in die ouderdom van 43 jaar oorlede.

Leon is op 8 April 1974 in Tzaneen gebore, maar het op ‘n jong ouderdom saam met sy familie na Louis Trichardt verhuis. Hier het hy beide sy laer- en hoërskoolloopbaan voltooi. Inwoners sal veral vir Leon onthou vir sy jarelange verbintenis met Water 2000 waar hy as bestuurder opgetree het. Hy was vir ‘n kort tydperk ook in ‘n bestuurspos by Bekmar. Leon was veral wyd bekend onder boere in die Soutpansberg-omgewing.

‘n Roudiens is Vrydag vanuit die Gereformeerde Kerk hier vir Leon gehou waar hy as diaken gedien het. Die diens ‘n het militêre tema gehad, met al die draers wat lede was van die MOTHs se Turbi Hills Shellhole, waarvan Leon lid was. Hy word oorleef deur sy vrou, Nadine, en seuns Wian (17) en 10-jaar-oue tweeling Erard en Ruan. “… en ek dink aan hoe jy altyd betrokke was by ons kinders se lewens. Altyd aan my sy. My anker en ons rots. Dis so leeg sonder jou! Dankie vir jou goeie pa-wees. Hulle is so trots om jou seuns te wees en ek is so trots op die pa en man wat jy was! Dankie vir die amper 20 jaar se getroude lewe en ‘n ewigheid se liefde,” het Nadine in Leon se begrafnisbrief geskryf.

“Leon is ontydig vanaf sy familie weggeneem. Die Turbi Hills Shellhole aanvaar graag skenkings van enige aard om vir Nadine en die seuns in hierdie moeilike tyd by te staan,” het die plaaslike MOTHs se Old Bill Alan Odendaal gesê. Indien mense ‘n bydrae wil maak, kan hulle vir Alan skakel by tel. 083 660 2472. Donasies kan ook inbetaal word in die Turbi Hills Shellhole se tjekrekening by FNB Louis Trichardt met rekeningnommer 625 659 17097. Gebruik die woord “Leon” as verwysing.

Dank is uitgespreek teenoor al die dokters, mediese personeel, familie en vriende wat Nadine en die seuns bygestaan het en steeds bystaan in hulle tyd van hartseer.

News - Date: 16 June 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: